Jan
Coenraad VISSER gebore c 1633 trou c 1653 met Geertjen
GERRITS. Hy land in 28 April 1658 met die skip Dordrecht
aan die Kaap. Jan Coenraad word 'n vrykneg twee jaar nadat
hy by die Kaap aangekom het. Hy versoek dat sy vrou na
die Kaap kan kom en sy arriveer aan die Kaap met vyf kinders
in 1662.
Lorna
Newcombe wys na die volgende verwysing van Leibbrandt
se `Precis of the Archives of the Cape of
Good Hope: Letters and documents Received 1649-1662' Deel
11:
Letter from Delft dated 30.11.1660 p.164: "From our
ships' books we found that the two following persons have
become free men at the Cape, who, when they left, had
incurred considerable debt for their outfit, which, however,
they had not communicated to their creditors, viz., Jan
Coenraadt Visscher of Eemnes (?), [Nota- dit is Leibbrandt
se vraagteken] soldier from the Dort, who left Patria
in 1657, was on the 8th May, 1658 drafted on shore as
hunter, and made freeman on the 30th September, 1659.
Lorna
gee ook die volgende baie waardevolle inligting:
Uit Letters and Documents Received (from Amsterdam dated
19 September, 1661) p.183 (eerste verwysing): "`Ät
your request we have granted a passage to one or two wives
whose husbands are at the Cape, subject to the usual condition
to remain there fifteen years. The wife of Jan Coenraetsz
we have given f25 for her outfit which you may recover
there.' P.S. These three vessels (Malacca &c.) take
back to you three stowaways whom you are to treat according
to the sentence passed on them by the court here."
Die Malacca het Vlie 3 Oktober 1661 verlaat en het die
Kaap 4 Februarie 1662 bereik. (Sien Van Riebeeck se Joernaal
vir laaste datum). Die ander twee skepe was die Amersfoort
en Wapen van Amsterdam.
Monsterrolle
vir 1664 gee Jan en Grietje aan met 3 kinders. ?Gerrit,
Geesje en Coenraad. Maria was waarskynlik reeds getroud.
Monsterrolle
vir 1666/7 is daar 5 kinders (Gerrit, Geesje, Coenraad,
Zacharia en Johannes?)
Lorna
se afleiding is dat daar net 3 kinders met haar na die
Kaap gevaar het.
Hy
was ook bekend as Jan Groff, 'n mens wonder watter einskappe
hy gehad het om hierdie bynaam te gekry het?
In
die Resolusies van die Kaap is daar die volgende verwysing
- http://tanap.amtex.nl/_xml/
Dingsdagh den 28e December 1717, voormiddagh.
Huijden 24e December 1717 compareerde voor mij, Willem
van Taack, eerste geswoore clercq ter Polliticque Secretarije
alhier aan Cabo de Goede Hoop, in presentje van de naer
te noemene getuijgen, den vrijburger Hendrik Coster, [2]
van competenten ouderdom, dewelke verklaarde ter requisitie
van Maria van Brakel, wede. wijlen Jacob Louw, hoe waar
ende waaragtigh is dat hij in den jaare 1668 bij den burger
Jan Pietersz. Louw, [3] in de wandelingh Broertjen gent.,
als knegt sigh verhuurt hebbende, in de tijd dat aldaar
heeft gewoont hem door sijn baas is aangewesen geworden
seker stuk lands, groot sestigh morgen, door den selven
van Jan Coenraadsz. Visscher gecogt,
strekkende van zijn eijgen plaats langs de Liesbeeks Rivier
opwaarts aan, het welke als doen ook geheel beploegt is
geweest, dat voorne. Broertje hem compt. mede heeft gesegt
de fontain die tegenwoordigh in ’t land van Hans Casper
Geringer gemeten is, ook de zijne te wesen, met bijvoegingh
dat wel wenste deselve nader aan zijn oude land mogte
leggen, soo dat den compt. volgens bovengesegde aanwijsingh
voor seker betuijgt dat alle ’t geene sedert na die kant
van Jan Dirksz. de Beer [4] is toegevoegt, zijnen gewesen
baas Jan Pietersz. Louw opgem. heeft toebehoort, verklarende
den compt. wijders niet meer, gevende voor redenen van
wetenschap als in den text, met belofte om zijne depositie,
des noods zijnde, met solemneele ede nader te willen gestand
doen.
KINDERS:
b1 MARIA VISSER - sy was gebore 1655 en oorlede 7 Junie
1718, X Willem Willemse (van Deventer). Maria het twee
buite egtelike kinders by Ockert Cornelisz Olivier gehad.
Daarna trou sy c 1691 met Lambert Simonsz Stam. Maria
Visser en Ockert Olivier se kinders was Dina en Cornelis,
hulle was gebore tussen 1672 en 1675. Hierdie twee kinders
was opgevoed deur Maria se vader Jan Coenraad Visser.
Maria is oorlede omtrent 7 Junie 1718.
b2
GEESJE VISSER*c 1654 X 12 Jul 1671 Hendrik Gysbertz Verschuur,
XX 26 Des 1694 Dirk Gysbert Verwey
b3 GERRIT JANSZ
VISSER *c 1657 X 4 Aug 1675 Jannetje Hendriks THIELEMANS
en hulle het 12 kinders gehad.
c1
Thieleman ~7.2.1677 (heelwaarskynlik jonk oorlede, word
nie genoem in vader se boedel van 1715 nie)
c2 Hendrik ~23.10.1678 (heelwaarskynlik jonk oorlede,
word nie genoem in vader se boedel van 1715 nie)
c3 Alida / Aeltje ~2.6.1680 X Jacob Petrus Bodenstein
is uit die Kaap verban as gevolg van haar onsedelike verhouding
met Jasper Gommer. Die dogter van Maria van Guinea, Brijnette
van de Caep word 50 gulders betaal om vir haar 6 kinders
te sorg vir 2 maande
c4 Johannes ~20.9.1682
c5 Jacomina ~9.7.1684 X Jan Hendrik Munnik
c6 Gesina / Geesje ~1.9.1686 X Jan Steenkamp
c7 Gysbert ~27.8.1688 (heelwaarskynlik jonk oorlede, word
nie genoem in vader se boedel van 1715 nie)
c8 Gertruida ~20.7.1692 (heelwaarskynlik jonk oorlede,
word nie genoem in vader se boedel van 1715 nie)
c9 Femmetje / Femma ~21.11.1694 X Christiaan Rasp
c10 Maria ~30 1 1697, X Burgert van Dyk
c11 Johanna ~7.2.1699, X Hans Roos
c12 Gerrit *21.8.1701
(IETS IS VERKEERD MET DIE KINDERS HIERBO WANT VOLGENS
MANSELL UPHAM WAS EEN VAN DIE 12 KINDERS Anna Visser getroud
met Jan Arend Roodewald)
b4 COENRAAD VISSER-
gebore c 1660, Nederland, kom saam met moeder by die Kaap
in 1662. In die gepubliseerde Dagregister van Zacharia
Wagenaar 8 April 1663 "Sondagh, 8den do. (dws. April):
Des voormiddaghs zijn na gedane predicatie door den predicant
De Meter verscheijde kinderen (die hier aan de Caep gebooren
zijn gedoopt is. In die voetnota word beweer dat "Dit
was die kind van Abraham Gabbema en sy vrou Petronella
Does, asook Albert Dircx Diemer se dogtertjie Christina,
Jan Coenraat Visser se seun Coenraet en Louwijs, die kind
van 'n slavin."
Hy trou 5 Augustus 1685 met Catherina Everts van der Zee,
gebore op die skip Europa in 1673.
Coenraad het 10 kinders gehad:
c1 Jacomyntje word ook genoem Jacomina = 23 Mei 1688 X
Jan Beukes
c2 Aeltjie, ook Alida = 23 Apr 1690 X 24 Jul 1712 Nicolaas
Swart
c3 Evert = 29 Jul 1691
c4 Geetie, ook Geertruy = 20 Jul 1694 x c1715 Augustus
Meihuizen
c5 Catryn, ook Catharina = 21 Okt 1695 x 13 Feb 1717 Johannes
Jurgen Beyers
c6 Johannes, = November 1697
c7 Susanna Visser, * 1698-1700 (die ekstra kind)
c8 Katrina, ook Catharina (soms Maria Visser)
c9 Jannetje, ook Johanna = 1 Feb 1711 X 28 Nov 1734 Dirk
Maartens XX 17 Sep 1752 Johan Chrisiaan Volkman
c10 Martha = 11 Feb 1713 X c 1739 Lourens Maartens
c11 Geesje, ook Gesina = 24 Nov 1715 x 2 Aug 1743 Jurgen
Hendriks
b5 ZACHARIA VISSER - het ook met haar moeder in 1662 by
die Kaap aangekom, gedoop Aug 23/28, 1665 in Kaapstad.
Sy sterwe 1721. Sy was drie keer getrou:X 29 Okt 1679
Dietrich PUTTER, sy het ook 'n kind met Johannes BASSON
gehad en XX 5 Jul 1706 Andries KRUGEL.
Richard
Ball meld dat sy heelmoontlik aan die Kaap gebore was,
want toe sy en Andries Krugel hulle gemeentlike testament
op 24 Junie 1713 opgestel het, word sy so beskrywe: "Zacharia
Jansz Visser Siekelijk te bedde leggende oud ses en veertigh
jaaren gebooren aan Cabo de Goede Hoop".
Verder volgens
Richard Ball, toe
Zacharia met Andries Krugel op Stellenbosch trou, is die
inskrywing: "1706,
Jul 05 Andries Kryger van Nurenberg jongm. met Zacharia
Janse Visser wede. Diederik Putter". Die afleiding
wat Richard maak is dat Zacharia dus nie met Johannes
Basson getroud was nie, al het hulle 'n kind, Arnoldus
Basson gedoop.
b6 JAN (Johannes) VISSER gedoop 16 Jan 1667, X 8 Mei 1689
Catharina (Jansz) van der Zee (weesmeisie) van Rotterdam.
Kinders:
c1 Johanna = 5 Maart 1690 X 19 Mei 1715 Johannes Roos
XX 9 Des 1746 Lucas Visagie;
c2 Saertie = 1 Apr 1691;
c3 Johannes = 29 Nov 1693;
c4 Willem = 26 Aug 1696;
c5 Katrina = 20 Aug 1702;
c6 Willem 17 Jul 1705
Geertjen
Gerrits word deur 'n slaaf in Maart 1692 vermoor, Jan
Coenraad Visser was omtrent 60 jaar oud. Volgens Heese,
p. 184 was Geertjen 82 jaar oud toe sy vermoor was. (Ek
wonder of die korrek is? Was sy dan 22 jaar ouer as haar
man?)
Geertjen
Gerrits was vermoor {Hof verwysing: AR VOC 4030 (14 Maart
1692) fol 328.} Maria/Marie van Negapatnam was 'n slavin
van Geertjen en Jan Coenraad Visser. 'n Vrydag aand in
Maart 1692 het Geertjen en Maria in die kombuis gewerk,
toe die slaaf Claas van Mallebar deur die kombuis geloop
het om hout te gaan kap, Geertjen het met hom geraas omdat
hy nie betyds gereed gekry het vir haar om te bak nie.
Geertjen het ook nie Claas se verskoning aanvaar dat hy
vir die koeie gaan soek het in die berge nie. Claas sê
toe: "Jou oud hond, Jij moogste den selvs gaan haalen"
- Geertjen probeer toe om Claas te slaan met 'n stuk hout,
maar Claas vat die byl in slaan die byl reg in haar nek,
dit was noodlotig en haar kop was amper afgekap. Hierdie
het plaas gevind voor Maria van Negapatnam (Robert Shell
Children of Bondag p 219). Maria hardloop toe na Jag Visser
en skreeu: "Baas, Baas! Moeder is dood! Moeder is dood!".
Shell verduidelik dat aan die Kaap was die huisvrou beskou
as beide nonna en moeder en die baas as vader. In hierdie
geval kon Geertjen wel Maria se de facto skoonmoeder gewees
het want die seun Coenraad Visser het met haar gehad.
Coenraad het
'n paar kinders met die slavin Maria van Negapatnam ook
bekend as Maria van Bengale gehad. Maria was gebore c1669,
en sy word gedoop as 'n volwassene c 1722 te Stellenbosch
toe sy 53 jaar oud was.
Jan
Coenraad Visser doop die volgende kinders, die moeder
was Maria van NEGAPATNAM / Maria van Bengale /
van de Cust Coromandel:
b7 ANTHONIE gedoop 20 April 1692
b8 SUSANNA (Gedoop as Sara) 30 Okt 1695, sy sterwe Junie
1779, X 6 Nov 1716 Hans Hattingh, XX Wilhelm Rubeck
b9 JACOB gedoop 12 Jan 1696
b10 PIETER gedoop 24 April 1697
b11 MARIA gedoop 28 Junie 1699
Böeseken in Slaves and Free Blacks at the Cape
1658-1700, p. 172, Jan Coenraad het 24 Maart 'n kontrak
opgeskrywe, hy het verseker dat Maria VAN BENGALE
27/28 jarige en haar drie kinders (Anthony vier jaar oud,
Susanna, twee jaar oud, Jacobus een jaar oud) vrygestel
moet word nadat hy gesterwe het:
Maria
van Negapatnam doop 'n ander dogtertjie in Okt/Nov 1708
met die naam Geertruij, die vader word gegee as Gerrit
Elders. Maria van Negapatnam word self gedoop as 'n bejaarde
persoon op 8 Junie 1721
Volgens
W H J Hattingh het Maria van Bengale en Hendrik Willemse
'n seun met die naam Willem in die Paarl gedoop op 7 November
1711
Verwysings:
Resolusies van die Politieke Raad van die Kaap http://tanap.amtex.nl/_xml/
W Hattingh, "Die Familie Hattingh in Suid-Afrika"
Familia XV, 1978, no 1, 2
HF Heese, Reg en Ongereg: Kaapse regspraak in die agtiende
eeu
Robert Shell, Children of Bondage
Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap: Die Wêreld
van 'n slavin 1652 - 1733
Ekstra inligting verskaf deur Charlie Els
Ekstra inligting verskaf deur Richard Ball
Mansell Upham, SAGenealogie, no 481, boodskap 481
Saamgestel
deur:
AM van Rensburg