Gerrit (Gerhardus) VAN COPPENHAGEN is gebore op 5 Desember
1768 in Delft, Nederland en Gerrit gedoop op 12 Desember 1768
in die Nederduitsche Gereformeerde Nieuwe Kerk. Hy is die
enigste kind van Johannes van Coppenhagen, ook gedoop in dieselfde
kerk op 7 Februarie 1737, en word "Burgerue & Lieutenant der
Kernmeester en Hoofdman van het Silver Binnen de Stadt Delft",
op 38 jarige ouderdom oorlede en begrawe op 8 Maart 1775 uit
die Oude Kerk, Delft en Christina Verra op 20 Augustus 1739
gedoop en oorlede in Delft op 19 Februarie 1799 (sy die oudste
kind van vyf van Jacob Verra gebore 6 Oktober 1705, oorlede
te Delft 21 Maart 1786 en Christina Camphuysen gebore 10 Augustus
1710 en oorlede in Delft op 2 Oktober 1792).
Johannes,
is die tweede kind van Gerrit, gebore in 1698 en oorlede op
68 jarige ouderdom te Delft in 1766, begrawe uit die Oude
Kerk op 25 Maart 1766, 'n boekhouer en tabakverkoper, getroud
op 8 Mei 1734 met Anna van der Sande (die dogter van Corstiaan
en Jannetje), en hulle woon op die hoek van Rietveld en Dirklangensteeg,
Delft. Die drie verdieping huis en winkeltjie is in sy oorspronklike
voorkoms vandag nog in gebruik. Anna is ses maande na die
geboorte van hulle vierde kind oorlede en begrawe in Delft
op 9 Mei 1743.
Gerrit,
of 'Gerhardus' soos hy na homself verwys in sy Stamboek, arriveer
aan die Kaap op 19 jarige ouderdom in die skip Houtlust onder
kaptein Pieter Hol op 6 Februarie 1787. Tien jaar later op
5 Februarie 1797 trou hy in Kaapstad met die 16 jarige Anna
Elizabeth VAN WYNGAARDEN gebore 3 April 1781 en oorlede
by geboorte en saam met hulle eerste kind op 27 Desember 1798
en begrawe te Stellenbosch (sy die dogter van Pieter Johannes
& Adriana (Johanna) Swart).
Twee
en 'n half jaar later, toe 32 jaar oud, trou hy in Kaapstad
op 21 Junie 1801 met Magdalena Aletta HARTOG, gebore
27 Oktober 1782 en oorlede op 60 jarige ouderdom in hulle
Stellenbosch huis op 11 April 1843. Sy is die enigste kind
van Johannes Hartog *1759 ? Stellenbosch 3 Augustus 1819 en
Alida Jacoba Lorens *24 Maart 1759 ? Stellenbosch 10 Junie
1820, sy die tiende kind van Johan Martijn Lorens, hy gebore
in Wedderstadt, Mansfield, Saxony (Duitsland) op 28 Augustus
1715 en getroud in Kaapstad op 22 November 1744 met Aletta
Hoffman, sy gedoop op 23 Maart 1721 en oorlede die dag na
die geboorte van hulle elfde kind op 11 Desember 1760 (sy
die dogter van Willem Johan en Anna de Nys). Johan Martijn
Lorens, die seun van Johann Andreas Lorentz en Barbara Wakkermans,
is die stamvader van die SA Lourens familie en was die opsigter
van die H.O.I.K. buitepos Zoete Melks Valleij langs die Riviersonderend
in die Overberg. Magdalena was 'n afstamelling van Paulus
Hartog en Petronella Philips (Petronella was the daughter
van Philip van Bouton en Susanna van Boegies, beide was vrygestelde
slawe)
Op
10 Februarie 1803, drie maande na die geboorte van Gerhardus
en Magdalena se eerste kind, vertrek hy van Tafelbaai op die
Helder en arriveer op 11 April in die Engelse skip The Young
George onder die Engelse kaptein J. Nicols en 'n Hollandse
kaptein Jan Blok in Nederland waarskynlik om sy weduwee moeder
se boedel af te handel. Weens die oorloe op see en land in
Europa kon hy eers twee en 'n half jaar later, op 8 Mei 1805
uit Leer in Oos-Friesland vertrek met die President van Vinke
onder kaptein Jacob Kortlang en arriveer vyf maande later,
toe 37 jaar oud, op 4 Oktober 1805 vir die tweede keer in
Kaapstad.
Hy
vestig in Stellenbosch en stig 'n privaatskool wat hy tot
die einde van 1812 met 64 leerlinge baie suksesvol bestuur.
In hierdie jaar stel Goewerneur Sir John Cradock nuwe regulasies
op vir openbare voorleserskole. Gerhardus aanvaar die aangestelling
op 1 Januarie 1813 as hoof en enigste onderwyser van die Stellenbosse
openbare skool om die nuwe Cradock stelsel te implimenteer.
Dit was 'n uiters moeilike taak onder 'n belanglose burokratiese
Kaapse Bybel- en Skoolkommissie en hy moes onder haglike omstandighede
alleen skoolgee vir tot meer as 70 leerlinge. In 1819 doen
hy aansoek om Kaapse burgerskap en word daarna aangestel as
"Parlaimetary Executar" van o.a. die boedel van Jan Daniel
Heroldt en doen aansoek by die Gowerment in 1820 om die slaaf
Rootje en haar kind, Rodena, te emansipeer. Na agt jaar se
frustrasies as openbare onderwyser bedank hy en verlaat die
skool in Desember 1821 om weer sy eie privaatskool te begin.
In die ouderdom van 60 jaar is sy eggenote op 26 Desember
1799 en hy op daarna op 80 jarige ouderdom op 7 Junie 1849,
beide in Stellenbosch oorlede en aldaar begrawe.
KINDERS
b1 Alida Jacoba *06.11.1802, gedoop Stellenbosch 14.11.1802
x Stellenbosch 17.11.1841 Frederik Hermanus Scheundorf xx
29.12.148 Willem Petrus du Plessis gedoop 24.08.1794.
b2 Johannes Christiaan *12.05.1807, gedoop Stellenbosch x
Stellenbosch 05.04.1834 Catharina Jacoba Susanna Hauptfleish
*24.07.1811.
b3 Marthinus Lourens *18.10.1810, gedoop Stellenbosch ? Rustenburg
05.02.1862 x Cradock 06.10.1838 wed. Elizabeth Catharina Henning
*15.11.1772 ? Aliwal Noord 19.07.1866 xx Winburg Anna Maria
van der Merwe *ca 1897.
b4 Hermanus Gysbert *08.04.1812 gedoop Stellenbosch ? 1864
x Kaapstad 22.08.1860 Christina Magdalena de Roubaix *04.04.1812
? 27.03.1863.
b5 Jan Willem *18.03.1814 gedoop Stellenbosch 03.04.1914 ?
Stellenbosch 03.10.1885 x Susanna Helmina Luttig *05.09.1819
gedoop Paarl 20.09.1819 ? Stellenbosch 10.11.1867.
b6 Servaas Gerhardus *04.09.1815 gedoop Stellenbosch 24.09.1815
? Stellenbosch 19.02.1879 x 21.04.1840 Cornelia Everdina Langeveld
gedoop 02.10.1814 ? Stellenbosch 15.03.1869.
b7 Magdalena Christina *01.01.1817 gedoop Stellenbosch 19
Januarie 1817 ? Slot van de Paarl 12.07.1906 x 09.04.1858
Michiel Casparus Loubscher xx Francois Johannes du Toit.
b8 Christina Maria de Verra *25.05.1818 gedoop Stellenbosch
14.06.1818 ? na April 1843.
b9 Elizabeth Hermina *31.08.1819 gedoop Stellenbosch 26.09.1819
? 22.04.1823 (3jr)
Bronne:
Stamboek van Gerhardus van Coppenhagen Junie 1813
Suid Afrikaanse Geslagsregisters van J.A. Heese en R.T.J.
Lombard
Sterf- doop en huwelikssertifikate
Saamgestel
deur:
Lourens Stephanus van Coppenhagen b5c1d3e2f1 Pretoria 2001-02-27
vanco@kingsley.co.za
Bydrae:
AM van Rensburg