Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

WOLVAARDT Sebastiaan

"In die baie ou Germaanse verhaal, die Nibelungenlied, van die baie heldhaftige man, Wolfhart, wat geveg het tot daar niemand meer oor was nie. Dis 'n baie mooi maar bloedige verhaal van verraad, liefde, dapperheid, kameraderie en bloedvergieting en dis bekend as een van die oudste Germaanse werke wat behoue gebly het. Die Germaanse naam Wolfhart beteken "mag jy die hart van 'n wolf hê". Vir ons ouens wat in Afrika groot geword het is 'n wolf nie eintlik 'n vreesaanjaende dier nie, maar vir die mense in Europa was dit baie anders. Onhou daarby dat die beer, wolf en valk heilige diere vir die Germane was, en die gebruik was om kinders na hierdie diere en sommige kwaliteite te vernoem. Koning Arthur is byvoorbeeld twee keer na die "beer" vernoem. Die ART-gedeelte is Germaans vir beer en die UR-gedeelte is Latyn (ursus). Die oorspronlike naam, Wolfhart, het dus die wens oorgedra dat die persoon die dapperheid en slimheid van die wolf sal hê, en miskien was dit nie so 'n slegte wens in die dae toe die ridderklas 'n belangrike rol gehad het om te vervul nie." Die pragtige verduideliking is geneem uit 'n briefie van F. Wolvaardt aan my.

Sebastiaan Wolfarth / Seebastian Woolfarth (Spelling: Wolvaardt/Wolfaardt, ens) het in 1730 uit Boxberg,(Wurttenberg), Duitsland na (Suid Afrika) gekom as 'n stalkneg in diens van die VOC. Naam van skip is nie aan my bekend nie. Binne ses jaar kon hy bekostig om die plaas DE SOETE INVAL net buite die Paarl te koop. Hy was getroud (15 September 1748) met Regina Barbara van Biljon. Hulle het nege kinders gehad. Van hulle was onder andere Phillipus Bernardus; Ernst Hendrik; Sebastiaan; ( Sebastiaan is later met Maria getroud); en Gilliam. Phillipus Bernardus is op 1 Oktober 1740 gebore, het op die 31 ste Oktober 1773 met Margaretha Niehout(Nieuwoudt) getrou. Phillipus Wolvaart het die eienaar van die huidige plaas NEDERBURG geword.

Volgens inligting op GenForum van Danie Wolfaardt. Was Sebastian van 1732 'n looier in Stellenbosch. Hy sterwe 28 April 1766 op sy plaas Versailles.

Bronne:
1. Die NEDERBURG (die Wynplaas) se Geskiedenis

2. Internet

3. Persoonlike familie inligting

Navorsing te danke aan:

Bydrae te danke aan:
Elize Wolvaardt gwolvaardt@lando.co.za


 

Byvoeging:

Die leuse op die familiewapen is: DER WOLF FÄHRT WOHL, losweg vertaal: Die Wolf Reis Voorspoedig. Die naam Wohlfahrt kan vertaal word as "Welvaart".

Die naam WOLFART kom die eerste keer in die jaar 778 voor (Stamboom en familie geskiedenis in Duitsland):

http://home.t-online.de/home/Thomas.Wolfart/index.htm, Elmar en Thomas Wolfart, Frankfurt am Main, Juni 1999,

G(e)org Sebastian Wohlfahrt, gedoop op 13 Maart 1707 te Boxberg, Baden-Württemberg, is die seun van Gorg Phillip en Margretha Wohlfahrt. Hy tree op 08.05.1729 in diens van die Nederlandse VOC as soldaat en reis aan boord van die skip Johanna na die Kaap de Goede Hoop waar hy op 05.10.1729 aan wal kom. Hy werk aanvanklik as stalkneg/boerkneg by die VOC en is vanaf 1732 tot 1735 'n leerlooier. Hy tree op 19 Julie 1735 uit diens by die VOC as Vrijburger.
Hy besit die plaas "De Zoete Inval" (Paarl) vanaf 1736 tot 1738, koop op 18.11.1749 grond te Stellenbosch en begin sy eie looiery. Hy koop op 18.11.1749 die plaas "Versailles" (Wellington) waar hy op 28.04.1766 oorlede is. Hy is getroud Regina Barbara van Billion (geb. 1729) op 15.09.1748 te Stellenbosch. Uit die huwelik is 9 kinders gebore waarvan 5 seuns was, tw. Philippus Bern(h)ardus, Sebastiaan, Pieter Johannes, Guilliam en Ernst Hendrik.

My bronne is:
Die Duitse webblad hierbo genome
GISA, Stellenbosch
Drakenstein Heemkring, Paarl
Nasionale argief, Kaapstad
Verskeie stamboom lyste saamgestel deur naamgenote van die take waaruit hulle spruit.
Eie navorsing deur kontak met familie, inligting.

Nagevors deur:
Henri Wolfaardt.


Byvoeging:

Wohlfahrt is die Duitse vorm van die van en dit beteken welvaart.
Wolfhart beteken wel ʼn dapper beer, maar die hard is die woord wat ons byvoorbeeld gebruik vir “ʼn harde les geleer”
Hart in Duits is Herz. (Of as mens puntenetig wil wees das Herz.) Dit lyk ook vir my volgens Wikipedia asof Wolfhard eerder ʼn naam as ʼn van is.
Volgens Wikipedia is die afkoms van die naam Arthur ook kontroversieel.

Elmien Wood
Bellville

  • Hits: 15199

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy