Surnames V to Z

Written by AM van Rensburg on . Posted in V - Z.

VAN DER WALT Geele Andries

Geele Andries van der WALT was van Veenwouden in Friesland. die van beteken "woud", soortgelyk aan ander vanne "wold". Hy kom by die Kaap aan in 1727

Hy het in die Roggeveld, vandag se Sutherland, ingetrek en "n veeboer geword. Op 15 November kry hy die weilisensie van die plaas over her Droom Rivier in"t Roggeland genaamt den Uijtkijk. In 1745 - 1747 dien hy as dragonder onder kaptein JOhannes Louw Jacobsz in Drakenstein. Op 25 September 1751 kry hy weieregte op Kruysrivier oorkant die Doornrivier in die Roggeveld. Op 2 November 1752 kry hy weiregte op Quachafontein in die Roogeland. Op 6 April 1756 kry hy die leningplaas Brandwagt, oor die Visrivier aan die Grooterivier in die Roggeland. Op 21 Junie 1756 kry hy die weiregte Groote Klavervalley. Hy is oorlede in 1757.

van der Walt trou 16 November 1742 met die 18 jarige Johanna WEYERS, dogter van Heinrich Weyers van Eppe, Duitsland en Anna Elizabeth Gerrits. Johanna trou XX 25 November 1758 met Christiaan Godlieb Lessing. Sy was dus die stammoeder van beide die van der Walt en Lessing families.

KINDERS:
b1 Andries gedoop Stellenbosch 10 November 1743.
b2 Hendrik gedoop Stellenbosch 14 Februarie 1745.
b3 Rensche gedoop Stellenbosch 13 November 1746
b4 Tjaart gebore 28 Augustus 1748, hy was gedoop in Kaapstad 30 Maart 1749, die getuies was Frans Smith en Maria van Rensburg (was sy "n van Staden, haar ma het metClaas Jansz:van Rensburg getrou). Hy word veldkommandant in Swellendamse republiek
b5 Johannes Petrus gedoop Tulbagh 4 Oktober 1750
b6 Anna Maria gedoop Kaapstad 29 Oktober 1752
b7 Johanna Catharina gedoop Kaapstad 15 September 1754
b8 Klaas gedoop Kaapstad 13 Februarie 1757

Verwysings:
EJ van der Walt "Geele Andries van der Walt" Familia XIV, 1977 no 4

Saamgestel deur:
AM van Rensburg