Skip to main content

logo new

Surnames R to U

SWANEPOEL Pieter Jansz

Pieter Jansz SWANEPOEL hy trou op 1 Mei 1712 met Maria Sibella SACHS sy was die weduwee van Johann Christoffel Haak. Maria was die dogter van Joachim Sachs en Susanna Holswig.

Pieter Jansz Swanepoel was "n vroeë setlaar van die Land van Waveren (Tulbagh). Hy kry toestemming op 17 September 1709 om oor die Breederivier te gaan wei. In 1715 neem hy deel aan "n kommando om vee terug te kry van Hottentote. Pieter en Joost Bevernagie het die Hottentote agtervolg. Ongelukkig was Pieter toe deur "n Hottentot se assegaai in die bo-been gewond. Lammert Lammerts van Oldenseel was in die maag gewond. Sy derms was deur sy vriende terug gedruk maar hy is oorlede en is 6 Desember begrawe naby Brandewijns Fontein.

Hy kry "n leningplaas in Land van Waveren in 1716, wat Niuwe Münster genoem was.

Hulle het een dogter Rosa en sewe seuns gehad.

Verwysings:
AJ Swanepoel, "Stamvader Pieter Jansz Swanepoel" Familia XXII 1985 no 4
M Cairns The Secluded Valley: Tulbagh: t"Land van Waveren 1700 - 1804

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

 

 

  • Hits: 12857

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy