Skip to main content

logo new

Surnames R to U

REYNST Hendrik

Hendrik REYNST hy het na die Kaap gekom as "n matroos op die skip Het Hart. Hy was van Dirksland in Suid-Holland. Hy word "n vryburgher op 27 September 1658. Hy trou in 1663 met Barbara GEENS, sy was die weduwee van die tuinier Jacob HUYBERTSZ van Rosendael, kyk ook onder sy naam. Hy was in 1665 met sewe ander lui boere na Mauritius gestuur, maar is weer terug in die Kaap twee jare later. Die kerkraad het vir hulle gevra om die Hottentot kind Florida aan te neem. Hulle doop die kind 3 Maart 1669. Die kind is binne maande oorlede.

Toe Krotoa gesterwe het, was haar kinders vir hierdie gesin vir "n ruk gegee om op te voed. Hierdie was "n ekstra bron van inkomste vir hulle. Barbara word beskrywe as die weduwee in 1678.


Bronne:
K Schoeman, Armosyn van die Kaap, Die Wêreld van "n slavin 1652 - 1733
M Upham, ""In Memoriam": Florida". Capensis 2/2000, pp. 5-22

Saamgestel deur:
AM van Rensburg

  • Hits: 9702

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy