Skip to main content

logo new

Surnames H to J

HUGO Daniel


Daniel HUGOT, gebore omstreeks 1664,van Serzy, Champagne, was "n Franse Hugenoot wat reeds voorkom op 6 Aug 1689 in Stellenbosch se burgerrol. Vermoedelik het hy vroeg in 1688 met die Borssenburg in die Kaap aangekom. Hy was "n smid en landbouer en het op die plaas "Zion" in Drakenstein geboer sedert 1 Aug 1691, en later op Bethel, Paarl, en De Leeuwen Kuil, Mooreesburg (1714). Hy was "n lid van die landdros en heemraad. Hy het getrou in 1705 met Anna ROUSSEAU d/v Pierre, en is ongeveer 1725 oorlede. Hy het 4 seuns en 5 dogters gehad.

"Hij was zoo lang als een Juk dus 4 voet en 4 duim" In J.L.M. Franken, Die Hugenote aan die Kaap (Argiefjaarboek van Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1978) p 164

1. Daniel ~ 18 Okt 1705 jonk dood
2. Jacques (Jacob/Jacobus) ~ 1708 + 1745 boer De Breede Rivier, Worcester en Concordia x Drakenstein 9 Okt 1729 Rachel de Villiers d/v Jacob
3. Pierre (Pieter) ~ 15 Jun 1710 + 4 Maart 1752, boer De Buffelskraal, De Doorns en d"Eendragt x Paarl 16 Mei 1728 Anne Retief d/v Francois
4. Anna ~ 14 Feb 1714 x 26 Mei 1745 Tobias van Dyk
5. Johanna ~ 19 Jul 1716 x 2 Sep 1736 Francois Bastiaanse xx 27 Januarie 1748 Stephanus Grove
6. Maria Magdalena ~ 21 Aug 1718 jonk dood
7. Martha ~ 17 Maart 1720 jonk dood
8. Elisabeth ~ 12 Jul 1722 + 17 Okt 1782 x 17 Mei 1750 David de Villiers
9. Daniel ~ 11 Jun 1724 + Nov 1754, boer Concordia en Harmonie, Montagu x 14 Februarie 1745 Margarita Joubert d/v Gideon

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek
Inligting verskaf deur Daniel Jacobs op SAGenealogie

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz
AM van Rensburg

 

  • Hits: 10854

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy