Skip to main content

logo new

Surnames K to M

MALHERBE Gideon

, gebore 1663, van Laons, was "n Franse Hugenoot wat in 1688 met die Voorschooten aangekom het. Hy was landbouer en het getrou met Marie GRILLION in 1690, sy is oorlede 1735 of 1736. Hy het hom aanvanklik op Normandie gevestig in 1694, en in 1702 De Groene Fontein, Wamakersvallei. In 1712 kry hy ook die plaas Hexberg. Hy is oorlede in 1713. Twee plase word in sy boedel genoem, De Groene Fonteyn en Hexberg. Hy het 3 seuns en 5 dogters gehad.

1. Gideon ~ 8 Jul 1691
2. Maria ~ 1693 x Jurgen Radyn
3. Pierre ~ 26 Des 1696 x Elisabeth Cellier
4. Elisabeth ~ 1 Des 1697 + Maart 1783 x Philip Cordier
5. Susanna ~ 4 Jul 1700
6. Gideon ~ 21 Jan 1703
7. Magdalena ~ 28 Jun 1705 x 29 Sep 1726 Carel de Jager
8. Margaretha ~ 1707 x Johannes Nortje

Volgens Japie Coetzee op Genforum:
In sy boek Stamregister van die Malherbes in Suid-Afrika (John Malherbe, Kaapstad; 1974) skryf G.H. Malherbe op bl. 2 en 3: "Dit word algemeen aangeneem dat die stamvadr, Gideon, uit Normandië, in die noorde van Frankryk, gekom het...Hoe lank Gideon in Ndl. was voordat hy in 1688 na die Kaap gekom het, is...nie bekend nie. Botha [C. Graham Botha] meld in bg. werk [Die Kaapse Hugenote] (bl. 43) dat daar al Malherbes in Dordrecht was sedert 1618. In Ndl. word die vanne "Quatgras" en "Onkruydt" aangetref...maar of dit oorspronklik Ndl. vanne of vertalings van "Malherbe" is, weet ons nie...Die oorsprong van die van [Malherbe] is nie seker nie, hoewel dit algemeen aangeneem word dat dit "onkruid" beteken, en bestaan uit die Latynse woorde "male" (sleg) en "herba" (gras of onkruid)...".

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
JG le Roux en WG le Roux Bovlei in Ons Drakensteinse Erfgrond
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz

 

 

 

  • Hits: 12169

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy