Skip to main content

logo new

Surnames D to G

FRISNET Guillaume

Guillaume FRISNET was van Bergen op Zoom. Hy word "n vryburger in 1695. Hy was bekend as Guiljam de Tamboer was getroud met Groot ARMOSYN. Nadat Groot Armosyn oorlede is trou Frisnet 27 Oktober 1715 in Kaapstad met Manda VAN DE KAAP ook bekend as Manda GRATIA, sy was "n dogter van Klein Armosyn, ook bekend as Armosyn Claasz. Manda het "n kind in 1714 gedoop, Manda sou toe al haar vryheid gekry het, hierdie kind se vader was vermoedelik Frisnet. Hierdie kind se naam was Margaretha Geertruy. Hulle het nog "n seuntjie gehad en in 1719 is Manda oorlede.

Martha Geertruy
Johannes Smiesing, X Anna van Dapoer

Daar bestaan "n aantekening boekie van Johannes Smiesing, toe hy nog "n slaaf was in die Logie. Hiedie is een van die min dokumente van "n slaaf uit die Losie.

Guillaume sterwe in 1727.


Bronne:
Heese en Lombard
Karel Schoeman, Armosyn van de Kaap

Saamgestel deur:
AM van Rensburg


  • Hits: 12380

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy