Skip to main content

logo new

Surnames D to G

DE VYF Abraham

Abraham DE VYF (VEY) was van Chinese afkoms. Sy Chinese naam was Juko/Tuko. Hy was gedoop as "n Christen 19 Februarie 1702. Hy trou 16 April 1702 met Maria Jacobsz VAN BATAVIA.

Abraham de Vyf het goedere verkoop onder andere, koppies en pierings van die Ooste. Hy het ook "n ooreenkoms met Simon van der Stel gehad om vis te verkoop. Hy was een van die persone wat "n petisie ten gunste van van der Stel geteken het.

In 1708 het van der Stel om beskuldig dat hy ontug gepleeg het met een van sy slavinne. Dinge het ook begin verkeerd loop met sy besigheid. In 1710 begin hy planne te maak om terug te keer na die Ooste, maar is oorlede in 1712 voordat hy kon vertrek.

Abraham en Maria kon dalk die ouers gewees het van Leonora de Vyf, sy was in 1712 getroud met Andries Backstroo (Bastro) en hertrou weer in 1714 met Nicolaas Jansz Mulder. Heese maak melding dat Maria en die dogter gedoop was die 18 Desember 1701.

Die volgende was die aanhef tot Abraham DE VIJF se inventaris soos omskryf in MOOC 10/1 verw. 78 en gedateer 20 April 1713. "Vendu Rol der goederen naergelaten en met er dood ontruijmt by den Vry Chinees Abraham de Veij (sic), ten voordeele van desselfs naergelate Wed. Maria Jacobs ter eenre, en dessels drie minderjarige kinderen genaemt Daniel de Vijf (sic), Christina en Beatrix de Vijf ter andere Zijde."

Sy goedere was verkoop wat "n slaaf ingesluit het, sy huis was verkoop aan Pieter Roelof. Maria Jacobs en haar drie kinders was toe tot in 1717 deur die diakonie onderhou.

KINDERS
Daniel
Christina X 1726 Johannes Brand, XX 1749 Peter Andreas Sachse
Beatrix X Martinus Ditmars, XX 1750 Michael Struwig (Sopkleef)


Bronne:
Heese, Groep Sonder Grense pp 14, 44, 52, 65, 68
Hoge, Personalia of the Germans at the Cape
Inligting van GenForum verskaf deur Lorna

Saamgestel deur:

 

  • Hits: 11915

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy