|
Jan
Sprangel (Sprengel)
van Telz was van 1722 as soldaat aan die Kaap in diens. In 1727
word hy as kneg verhuur en op 21 Augustus 1731 word hy ’n vryburger.
Hy was getroud met Catharina van As, die weduwee
van Johannes Herman Carstens. Sy was die tweede kind van Louis
van As (Louis se ouma was die slaaf Mooij Ansela) en Helena
Jansen.
Sprangel
is in 1734 deur die vryburger Jan Meyn vermoor.
Hy
was 'n bytaper in 1731 en het ook Mattheus de Wulf as bytapper
in diens geneem. Hy was die drankpagter by Rondebosch en het
wyn verkoop. Hy het 'n tapplek op die plaas van Hendrik Thomasz
geopen.
Bronne:
C. 88, pp. 38-41. Vrijdag ultimo Augustus 1731
C. 96, pp. 14-33. Dingsdag den 7e September 1734
Bydrae:
Navorsing:
|