Christoffel SNIJMAN was gedoop 9 Maart 1669, sy vader
was Hans Christoffel Snijman 'n soldaat by die Kaap. Sy vader
het 'n skelm verhouding gehad met die slaafin Catharina van
Bengale, sy was ook bekend as Groote Catrijn (Kyk ook onder
haar inskrywing). Sy vader is toe na Robben eiland gestuur
op die 30 Julie 1667. Christoffel se moeder was hierdie Catharina
van Bengale.
In
'n brief van die owerheid 6 Januarie 1672 word daar melding
gemaak dat Groot Catrijn vrygestel was.
Sy
moeder trou later met die vryswarte Anthony (Jansz) (de Later)
van Bengale, wat toe sy stiefvader was. Baie mense maak die
fout om te dink dat sy stiefvader sy vader was. Daar moes
'n tragedie plaas gevind het want die hele familie is ewe
skielik oorlede tussen Desember 1682 en Februarie 1683, behalwe
Christoffel.
Christoffel was een van die min manlike halfslag slawe
wat in die witgemeenskap ingetrou het. Christoffel trou
in Julie 1689 met Margaretha Therese DE SAVOYE
sy was van Gent, Vlaandere. Haar ouers was Jacques de
Savoije en Christine du Pont (korrekte ouers gekry van
Jean le Roux) , sommige gepubliseerde inligting verkeerdelike
gee haar moeder as Marie Madeleine de Klerk.
Hulle
het nege kinders gehad:
b1 Jacobus Christoffel Snyman, ged 10.12.1690 (jonk oorlede?)
b2 Catharina Snyman, ged 27.1.1692 x Johannes Viljoen
b3 Maria Magdelana Snyman, ged 9.8.1693, x 15 Des 1710 Theunis
Botha
b4 Christina Snyman, ged 22.7.1695 x Jeremias Roux
b5 Elsie Snyman, ged 1.8.1697 x 22 Okt 1713 Jacobus Botha
b6 Johanna Snyman, ged 25.10.1699 x 7 Feb 1717 Anthonie Lombard
b7 Philippus Snyman, ged 24.7.1701 x 14 Apr 1726 Johanna Margaretha
van Deventer
b8 Susanna Snyman, ged 28.10.1703 x Jacob Coetzer
b9 Elisabeth Snyman, ged 21.3.1706, oorlede 18 Maart 1758
x Jan Hendrik van Helsdingen
Christoffel
Snyman het in 1692 geboer in vennootskap met Ernst Friedrich
Walter. Hy het geboer op die plaas Sandvliet in Groot
Drakenstein. Christoffel Snyman het in 1706 gesterwe. Margaretha
Therese DE SAVOYE trou toe met Henning Viljoen.
Bronne:
Inligting van Danie Viljoen
Mansell Upham, "In Hevigen Woede", Capensis
Inligting van Jean le Roux
Saamgestel
deur:
AM van Rensburg