Herman(n) SCHUTTE was gebore op 25 Des 1761 in Bremen,
Duitsland. He sterwe op 25 Okt 1844 in Swellendam. Hy was
begrawe op 27 Okt 1844 in Grafkelder no's. 70 &71, Somersetweg,
Kaapstad. Sk MOOC 6/9/34, 7571, MOOC 7/1/124, Kaap. Hy was
'n boukontrakteur en argitek wat as jong man 7 jaar by 'n
argitek in Hanover, Duitsland werksaam was. Hy tree in diens
van die VOC met 'n salaris van 14 Gulden per maand. Hy vertrek
op 23 November 1789 te Texel, Nederland aanboord van die skip
Governeur-generaal Maatsuyker onder kapteinskap van
Jan Kraai en arriveer op 2 April 1790 te Kaapstad. Aan boord
was 278 matrose, 5 Soldate, 15 vakmanne (waarvan Herman een
was) en 2 passasiers. Dié 1150 ton skip is in 1786 te Amsterdam
gebou en in 1795 in Batavia verkoop.
Herman
word na Robbeneiland gestuur waar hy as klipkapper in die
steengroewe werk. In 'n rotsstorting verloor hy sy linkerhand
en linkeroog en vra om ontslaan te word uit die Kompanjie
in Februarie 1792. Dit word op 27 Maart 1792 toegestaan.
As
bekwame bouer geniet hy die agting van L M Thibault wat as
inspekteur van regeringsgeboue hom dikwels by die regering
aanbeveel en hom sodoende baie boukontrakte besorg. Reeds
in 1803 is hy byvoorbeeld besig met herstelwerk aan die Kasteel.
Kort nadat hy in 1804 burgerregte ontvang het, word hy deur
die regering in diens geneem om volgens die planne van Thibault,
4 vase vir 4 pilare in die Kompanjiestuin te ontwerp. Drie
van die 4 pilare bestaan vandag nog, hoewel daar geen spoor
van enige vase daarop is nie.
'n Paar van die bekende geboue wat deur Herman opgerig is
is die Vrymesselaarslosie De Goede Hoop wat hy in 1803 voltooi
wat gedeeltelik afgebrand het in Februarie 1892, die Groenpunt
se vuurtoring wat deur hom ontwerp en in 1823 voltooi word,
die St. George-katedraal, deur John Skirrow ontwerp en deur
Herman gebou is en die huidige Groote Kerk wat deur Herman
en Skirrow ontwerp en deur Herman gebou is. Laasgenoemde kerk
is het die plek ingeneem van die ou rietdak-kruiskerk waarvan
net die toring bly staan het. Die nuwe kerk wat van 1836 -1841
gebou is, is 'n mengsel van neo-Griekse en neo-Gotiese boustyle.
Die groot reghoekige saalkerk se voor- en agterfasades besit
enorme frontons oor hul hele breedte, "rustend" op 6 aggeplatte
pilasters.
Herman was ook die ontwerper en bouer van die Nieuwe Kerk,
Kaapstad wat gesloop is en die Woutersen grafkelder by Groenpunt.
Hermann was ook die argitek en bouer van die NG Kerk in George
wat in 1828 ontwerp is en in 1842 voltooi is. Dié is op die
tradisionele-Kaapse kruisvorm gebou met 'n rietdak en ronde
endgewels aan die sy- en agtervleuels. Aan die voorkant hiervan
toegevoeg is 'n redelike breë, blokvormige seksie waarvan
die effens vooruitstekende middedeel 'n vervormde tempelfront
is, geflankeer deur nisse en bekroon deur 'n sware agthoekige
toring, staande op twee trapvormige agthoekige platvorms.
By
die bou van verskeie ander geboue is hy betrokke as boumeester
en soms as hersteller of ontwerper soos die goewerneurswoning
in die Laan, die balkon van die Kat in die Kasteel, die vrye
skool vir slawe, die registrasiekantoor vir slawe, die predikantswoning
op Simonstad, die doeanekantoor in die Buitekant, die doeanekantoor
op Port Alfred aan die Kowie, die regeringsgeboue in die distrik
Albany wat hy herstel en die regeringsgebou (hooggeregshofgebou)
in Kaapstad. Hy het moontlik ook aan die sierlike Rust en
Vreugd in die Buitekant gewerk.
Die
Duitse rococo-boustyl wat hy aan die Kaap toepas, kan in baie
van Herman se geboue gesien word. Die NG Kerk op George wat
vermoedelik volgens sy tekeninge in 1842 gebou is, toon met
uitsondering van die rococo-gewels 'n klassieke styl. 'n Foto
van sy "Hanoverhuis" in Kaapstad wat nou nie meer bestaan
nie, toon 'n sterk neo-klassieke inslag, terwyl die Groote
Kerk as 'n Grieks-Gotiese bouwerk beskou kan word. Benewens
sy werk as stadsmesselaar wat na 1818 blykbaar die verhoogde
status van 'n stadsbouer geniet, word hy in 1820 aangestel
as inspekteur van stadsgeboue. In 1843 word hy die stadslandmeter
van die pas gestigde Kaapstadse munisipaliteit.
Uit die aard van sy beroep verander hy dikwels van woonhuis.
Teen die einde van 1794 woon hy in wyk 23 en in 1798 kon hy
dit bekostig om sy eerste eerste huis, Pleinstraat no.28 te
koop. In 1806 koop hy 'n huis in Hanoverstraat, 'n straatnaam
wat waarskynlik aan hom te danke is). Toe woon hy weer in
Roelandstraat no. 7 (1809 - 1829) en daarna tot 1832 op erf
no. 9 in dieselfde straat. Vervolgens verhuis hy na 'n huis
op "Primrose Hill" wat net agter die Kasteel was. In die jare
veertig slyt hy sy laaste dae in die stadhuis (Burgerwaghuis)
op die groentemarkplein.
Daar bestaan aanduidings dat Herman en Anton Anreith en Thibault
bevriend was. Hulle beroepe bring hulle met mekaar in aanraking.
Anreith onderrig Herman se twee seuns voor 1815 privaat in
meetkunde terwyl Thibault hulle in landmeetkunde oplei. In
1813 word albei toegelaat om as landmeters te prakseer. Die
hoë koste van boumateriaal en veral sy neiging om dikwels
teen te lae tenders vir boukontrakte te tender, het tot gevolg
gehad dat hy kort voor sy dood insolvent verklaar is. Talle
afbeeldings van Herman is in die Elliott- en Morrisonversamelings
in die argief in Kaapstad te sien.
Hy
was getroud met Christina VOGES (dogter van Johan(n)
P(i)eter VOGES and Petronella Jacoba Thomasse Van de Kaap)
on 3 Jul 1796. Christina VOGES was gebore in 1758 in Swartland.
Sy sterwe op 28 Mei 1834 in Die Kasteel, Kaapstad. Sy was
begrawe die 30 Mei 1834 in Grafkelder no's. 70 &71, Somersetweg,
Kaapstad. Sk 173 Kaap. Die kommissaris vir huweliksake keur
dit op 19 Jun 1796 goed dat Herman en Christina as vrygemaakte
slavin, die aangenome erfgename van Ferdinand Voges, in die
eg verbind word. Op 3 Jul 1796 word die huwelik in die Groote
Kerk in Kaapstad bevestig. Sy het drie kinders uit haar verbintenis
met Nikolaus Andreas Unser.
Herman(n)
SCHUTTE and Christina VOGES het die volgende kinders gehad:
1.
Herman Frederik SCHUTTE.
2.
Johan Nicolaas SCHUTTE was gedoop 7 Jan 1798 in Kaapstad.
Hy sterwe 30 Jun 1840 in Kasteel, Kaapstad. Sk MOOC 6/9/21,
4387 Kaap. Hy was 'n landmeter en messelaar van beroep en
is ongetroud oorlede. Hy en Herman Frederik was 'n tweeling.
3.
Hendrik Andreas SCHUTTE.
4.
Johan Daniël SCHUTTE.
5.
Anna Christina SCHUTTE was gedoop 26 Sep 1802.
Navorsing
deur:
Tiaan Schutte
Schutte
Webblad: http://www.geocities.com/ltxmus/schutte.htm