Lodewyk SCHOLTZ was gebore circa 1760 in Calbe, Duitsland
en sterf 21 Maart 1825. Hy trou 12 Julie 1789 in die Kaap
met Christina Frederika PEENSCH, dogter van Johann
Peensch en Maria Lauch. Haar geboorte datum is onbekend maar
word geskat as circa 1760.
Lodewyk
is die derde Scholtz stamvader, in korrekte Duits was die
voornaam natuurlik "Ludwig" en hy het soms sy naam as Samuel
Ludwig geskrywe. Afkomstig van Calbe aan die oewers van die
Saalerivier in Duitsland. Ludwig Scholtz het in 1784 as skrynwerker
(timmerman) vir die "ou Kompanje" aan die Kaap kom werk. In
1791 het hy 'n burger geword.
Kinders
van Lodewyk Scholtz en Christina Peensch:
b1. Catharina Elizabeth Scholtz, gedoop 5 September 1790,
trou met Joseph Day, 6 August 1811 in Kaapstad. Hy is circa
1790 in County Essex, Engeland gebore.
b2. Johan Andries Scholtz, gebore circa 1792, trou met Jacoba
Johanna Hendriks.
b3. Carel Frederik Scholtz, gebore circa 1793 in Worcester,
oorlede 30 November 1879 in Napier. Hy trou 14 January 1828
in Tulbagh met Helena Josina Theron, sy sterf 28 August 1837.
Hy trou vir 'n tweede keer met op 6 August 1839 in Weltevredend,
Stellenbosch met Justina Petronella Francina Vos sy is gebore,
12 Junie 1816 en sterf 20 Desember 1869 in Oudtshoorn.
b4. Johanna Elizabeth Scholtz, gedoop 18 Januarie 1795 en
sterf 8 Januarie 1844. Sy trou met Arnoldus Becker op 17 February
1824. Arnoldus is gebore op 19 Desember 1790 in Wolmünster,
Frankryk en sterf 15 Julie 1844 in Wolmünster, Rondebosch.
b5. Johanna Maria Scholtz, gedoop 10 October 1797, trou met
Georg Marthinus Kraft op 21 Desember 1815. Georg is gedoop
30 Maart 1794 en sterf 13 Desember 1830.
b6. Maria Christina Scholtz, gedoop 22 May 1800.
b7. Catharina Wilhelmina Scholtz, gedoop 12 June 1803.
b8. Charlotte Amelia Scholtz, gedoop 11 May 1806, trou met
23 November 1833 in Kaapstad met Robert Irwin Ross.
Geskryf
deur J A (Bertus) Scholtz (1907 - 1997)
Bydrae
te danke aan:
Inligting voorsien deur Ian Scholtz ians@transnet.co.za
Webblad: