VIII
GRAAFF-REINET gestig 1792
Bydrae
deur Johan Erasmus
Hierdie gebou moes egter later geheel en al afgebreek
en herbou word. Die huidige sierlike kerkgebou is op
10 September 1887 ingewy.
Die Graaff-Reinetse gemeente word in 1792 gestig. Die
eerste leraar is ds JH von Manger (1792-1798). Hierna
het ds HW Ballot diens aanvaar. Een van sy eerste take
was om om die halfgeboude nuwe kerkgebou te voltooi.
Die ou gebou was toe reeds bouvallig en is ook gedurende
hierdie tyd in 'n brand vernietig. Dit het die kerkraad
in 'n groot verleentheid gestel, aangesien die sederhoutkosyne
en balke vir die nuwe gebou bestem was. Nuwe boumateriaal
moes nou van die Kaap gehaal word en dit vertraag die
bouproses met twee maande. Op Sondag, 28 September 1800,
word die nuwe kerkgebou deur ds Ballot ingewy. 'n Maand
later vertrek hy egter om diens te Swellendam te aanvaar.
Die
gemeente bly nou vakant totdat ds JJ Kircherer in 1806
aangestel word. "Een man van biezondere godsvrucht en
ijver, die vroeger zendeling onder de Korannas was geweest."
Hy het gedurende sy dienstermyn 2000 lidmate aangeneem.
Hy word in 1815 na Tulbach verplaas.
In
die volgende paar jaar is die leraars ds JA Schutz (1815-1818);
Dr A Faure (1818-1822); en ds A Murray (1822-1866).
In lg se eerste jaar te Graaff-Reinet word die kerkgebou
heeltemaal afgebreek en herbou. Ds Murray moes ook agv
die groot distrik begin buitedienste hou en dit lei
dan ook tot die stigting van nuwe gemeentes te Aberdeen,
Colesberg, Richmond, Burgersdorp en Murraysburg. Nadat
hy in 1866 oorlede is, word hy opgevolg deur sy seun,
ds Charles Murray (1866-1904). "Deze was als prediker
zeer begaafd. Kenmerkend van zijn bediening was zijn
liefde voor en arbeid aan de kinderen der gemeente.
Het nieuwe kerkgebouw, een der sierlikste in Zuid-Afrika,
werd onder zijn bestier in 1886 opgericht." Na hom volg
di AF Louw (1897-1903; 1908-1912); PGJ Meiring (1904-1907);
PK Albertyn (1906-1921); Dr DF Malan (1913-1915); Dr
BB Keet (1916-1919) en Ds IF Burger (1920-1922).
In
Eeuwfeest-Album van der Nederduits-Gereformeerde Kerk
in Zuid-Afrika 1824-1924, deur Ds A Dreyer verskyn daar
'n prent van die kerk in 1798.
ANDER
KERKE IN GRAAFF-REINET
(verskaf
deur Marion Jaeger)
Die
volgende inligting oor Graaff-Reinet uit die volgende
boek: De Villiers Minnaar, A. (1987). Graaff-Reinet:
1786-1986. Pretoria: HSRC.(155-159). ISBN 0 7969 0438
3:
NGK
"Ou kerk" Eerste predikant J.H. von Manger (1792-1795)
Sendelingskerk: Eerste predikant A.L. van Linge (1829-1849)
NGK 'Nuwe Kerk' Eerste predikant P. van der Merwe (1927-1931)
St. James Anglican Church: Eerste pastoor W. Long (1845-1854)
Trinity Methodist: Eerste pastoor J. Edwards (1870-1873)
Congregational: London Missionary Society Eerste pastoor
Dr. J.T. van der Kemp (1801-1802)
Parsonage Street Congregation: Eerste pastoor T.D. Philip
(1882-1886)
Doddridge Congregation: Eerste pastoor D.S. Carlyle
(1894-1904)
Apostolic Faith Mission: Eerste pastoor H.L. van der
Westhuizen (1942-1950)
Immaculate Conception RKK: Eerste priester J. van Cauwelaert
(1849-1852)
BACK
TO TOP
IX
SWELLENDAM gestig 1798
bydrae
Johan Erasmus
Die
gemeente word eers 53 jaar na die proklamering van die
distrik Swellendam en die aanlê van die drosdy en die
dorp aan die voet van die Langeberge gestig. Dit geskied
in 1798 in opdrag van lord Macartney, goewerneur tydens
die eerste Engelse besetting van die Kaap. Die gemeente
is in 1798 gestig en op die eerste kerkraadsvergadering
wat op 23 Julie 1798 gehou is, is ds JH von Manger teenwoordig.
Dit was 'n uitgestrekte gemeente wat hedendaagse gemeentes
soos Caledon, Riversdal, Bredasdorp, Napier, Ladismith,
Robertson, Montagu en Barrydale ingesluit het. Ds von
Manger begin met 'n geldinsamelingsveldtog vir die oprigting
van 'n kerkgebou. Daar word in 1801 begin met die oprigting
van die gebou teen 'n koste van 41000 gulden en dit word
in 1802 ingebruik geneem. Die eerste kerkgebou was in
gebruik vanaf 1802 totdat dit in 1910 afgebreek is en
vir 'n nuwe kerkgebou plek gemaak het. In die dienstydperk
van ds AG du Toit (1906-1919) word die ou kerkgebou afgebreek
en is die huidige kerkgebou in die Kaaps-Hollandse styl
vir die bedrag van 9670 pond gebou. Hierdie inligting
kom uit: Eeuwfeest-Album van der Nederduits-Gereformeerde
Kerk in Zuid-Afrika 1824-1924. Deur Ds A Dreyer. Ander
interresanthede in die boekie is 'n fotoDe Oude kerk Swellendam
1803.
TERUG NA BO
X
CALEDON gestig 1811
BACK
TO TOP
XI GEORGE gestig 1813
BACK
TO TOP
XII UITENHAGE gestig 1817

BACK
TO TOP
XIII CRADOCK gestig 1818
BACK
TO TOP
XIV BEAUFORT-WES gestig 1819
BACK
TO TOP
XV SOMERSET-WES gestig 1819
BACK
TO TOP
XVI WORCESTER gestig 1821
BACK
TO TOP