V
ROODEZAND gestig 1743
Bydrae
deur A.M. van Rensburg
VOORGESKIEDENIS
Die
eerste groep setlaars wat in die Land van Waveren gaan
bly het, het soontoe getrek met vier waens in 1700.
Die plase is eers uitgegee as leningsplase in hierdie
nuwe distrik. Die eerste naam wat ingeteken is om in
die Land van Waveren te kan wei was Jan Harmensz Potgieter
in 1703. Die tweede persoon wat weiregte bekom het was
Beatrix Verwey die weduwee van Hendrik Olivier. In 1705
het die stamvader Etiennie Terblanche hom ook in die
vallei bevind. Ook die stamvaders Pieter Willemsz van
Heerden het in 1708, en Claas Jansz: van Rensburg in
1711 leningplase gekry. Van die wat eiendomsregte in
die Land van Waveren gekry het sluit in: Hercules du
Preez, hy was die oudste seun van die stamvader. Estien
Bruere ook bekend as Steven Bruwer.
Volgens
die notule van die gemeente word die eerste grense soos
volg vasgestel: "Van de Koopmansrivier tot benenden
de onderkant van de Bergrivier, de Picquetbergen, de
Oliphantsrivier en over het gebergte tot geheel beneden
aan de Mosselbaay, so verre de jurisdictie van de E.
Comp. strekt." Vir die volgende 60 jaar sou die gemeente
die naam "Roodezandskerk in 't Land van Waveren" dra.
'n Naam wat deur niemand minder as goew. W. A. van der
Stel gegee is. Roodezand dui waarskynlik op die kleur
van die grond en Waveren verwys na 'n vername Amsterdamse
familie. Eers in 1804, wanneer die distrik Stellenbosch
in twee verdeel word en die noordelike deel na goew.
Ryk Tulbagh vernoem word, word die gemeente se naam
ook na Tulbagh verander.
Die
dorp Tulbagh het stadig om die kerk ontwikkel. Hierdie
dorpie is nie in 'n vierkantige vorm uitgelê soos
meeste ander boere dorpe nie. Dit was liewers een lang
straat wat gegroei het in 'n dorp.
PERSONE
BETROKKE BY DIE STIGTING
Baron
Gustaaf Willem van Imhoff
Hy
was Goewerneur Generaal van Denrlands-Indië. Op
'n besoek aan die Kaap in 1743, het hy aanbeveel dat
die Kompanie meer moet doen ivm met die Kerklewe en
opvoedkunde van die burghers. Die burghers het al verder
en verder die binneland ingetrek het. Die gemeentes
van Stellenbsoch en Drakenstein kon nie meer die verafgeleë
lidmate dien nie. Hy het aanbeveel dat daar twee meer
predikante na die Kaap gebring moet word.
Dominee
Arnoldus Mauritius Meiring
In 1743 was Arnoldus Mauritius Meiring op die skip
Adrichem, hy was op weg om in die Ooste te gaan
dien. Voordat die skip die Kaap bereik het, is Meiring
se vrou oorlede. By die Kaap word Meiring gevra om die
predikant te word van die nuwe gemeente wat hulle wou
stig in die Land van Waveren, van genoem sou word Roodezand.
Hy het alreeds die 16 September 1743 sy eerste preek
gelewer en drie seuntjies en 'n dogtertjie gedoop. Die
kerk gebou was voltooi in 1748. Hy het gesterwe 23 April
1757 en hy was begrawe in die kerk voor die preekstoel.
Eerste
aangenomen Lidmaten in 1743
Elske Boota, Rachel Huber, huisvrouw van Dirk Crafford,
Frans du Toit, Elisabeth du Toit, Maria Susanna du Toit,
Jacobus du Toit
Jacob
Theron (ouderling)
Hy
was 'n seun van die stamvader Jacques Theron. Hy het
het 'n plaas gehad 'aan de Kleine Berg Rivier onder
die Kloof'. Hy was ook 'n opsigter vir die pad werke
deur die kloof.
Pieter
Theron (ouderling)
Hy was eeen van die seuns van die stamvader Jacques
Theron. Hy het die plaas Le Rhone geerf wat aan sy ouers
behoort het. Hy het baie vir die kerk gedoen. Hy is
oorlede 1778.
Gerrit
van der Merwe (diaken)
Hy was die 16 kind en die 9 de seun van Schalk Willem
van der Merwe. Gerrit het die plaas Sagtevalley na sy
vader oorlede was oorgeneem. Hy was getroud met een
van die dogters, van die stamvader Pieter van Heerden,
Jacoba. Hy het elf kinders gehad in is oorlede in 1770.
Jacob
du Preez (diaken)
Hy
het die plaas Twee Jonge Gesellen besit. Hy is oorlede
in April 1749.
Pieter
de Vos (voorleser)
Hy was saam met Jacob Theron verantwoordelik vir die
padwerke deur die Kloof. Hy het die ou Companie Pos
gekoop in 1743. Hy het die kerk bedien as voorleser
en krankbesoeker. Hy is oorlede 19 Augustus 1755.
Louis
van Dijk (sieketrooster)
Hy was die sieketrooster in die wêreld nog voor
dominee Meiring verskyn het. Hy was nie bereid om net
die preek te lees nie, hy het in teendeel 'n preek gelewer.
Die mense het nie van so 'n ding gehou nie en toe Meiring
daar aankom het hy die klaery opgeneem en 'n brief aan
die owerheid gestuur. Di uiteinde van die geval was
dit van Dijk die Kaap moes verlaat en hy het na Batavia
toe gegaan.
Ds
Remmerus Harders
Hy het sy opleiding gedoen aan die Universiteite van
Lingen en Groningen. Hy was aangestel om die predikant
te wees van Roodezand en neem die posisie op in Januarie
1758. Hy het toe ook kort daarna 12 Maart 1758 die weduwee,
van Ds Werndly, Petronella van Reede van Oudtshoorn
getrou. Twee van hulle kinders het gesterwe Pieter Volkarus
op die 25 Oktober 1759, en Marthinus Egtbertus op 11
Oktober 1770. Ds Harders het begin lei aan 'n brein
siekte of was dit maar bloots depressie? Hy tree toe
af in 1774.
Ds
Daniel Goldbach
Hy het die predikant van die Swarland gemeente geword
in 1774. Hy was toe gevra om ook agter Roodezand te
kyk totdat 'n ander predikant gevind kan word.
Gedurende
die eerste eeu van die gemeente se bestaan word hy agtereenvolgens
deur 8 predikante bedien. In 1843 vind daar egter 'n
skeuring in die gemeente plaas en word 'n nuwe gemeente
t.w. Kruisvallei gestig. Vir die volgende 92 jaar sou
daar dus twee gemeentes op Tulbagh wees. Gedurende die
tydperk word die gemeente Tulbagh deur 7 leraars en
Kruisvallei deur 8 leraars bedien word. Hierdie skeuring
sou eers in Oktober 1935 geheel word toe die twee gemeentes
weer herenig. Die eerste kerkgebou van die gemeente
word in 1743 gebou met materiaal afkomstig uit Nederland
en stene uit Batavia. Dit doen diens as plek van aanbidding
tot in 1878 toe daar 'n nuwe kerkgebou opgerig word.
Daarna sou dit as basaar en konsertsaal diens doen.
In
Eeuwfeest-Album van der Nederduits-Gereformeerde Kerk
in Zuid-Afrika 1824-1924, deur Ds A Dreyer verskyn daar
'n prent van die oude Roodezands kerk in't land van
Waveren 1756.
Bronne:
A Böeseken & M Cairns The Secluded Valley.
Tulbagh:t'Land van Waveren 1700 - 1804
TERUG
NA BO