Die
samewerking van die Afrikaanse GenForum
Kaapstad
Stellenbosch
Drakenstein
Genadendal
Roodezand
Swartland
Lutheran
Graaff-Reinet
Swellendam
Caledon
George
Uitenhage
Cradock
Beaufort-Wes
Somerset-Wes
Worcester
Vir 'n vol lys van die ontstaan
van NG kerke en van watter kerk hulle afgestig het.
III. DRAKENSTEIN gestig 1691
bydrae
deur Johan Erasmus
Hierdie
gemeente het sy ontstaan te danke aan die koms van die Franse
Hugenote na Suid-Afrika in 1688. Die Hugenote het aanvanklik
onder die gemeente Stellenbosch geressorteer, maar het in
1691 tot die stigting van 'n afsonderlike gemeente oorgegaan.
Die nuwe gemeente se eerste plek van samekoms was iewers
in die buurt van Simondium geleë en was 'n nederige geboutjie
van hout en klei wat deur sommige as 'n "vuile hokje" of
" 'n gevaarte" beskryf is. Dit was beslis nie doelmatig
nie en in die lig daarvan is daar - danksy 'n legaat van
die bekende Henning Huising - in 1717 onder leiding van
ds. Petrus van Aken tot die oprig van 'n behoorlike plek
van aanbidding oorgegaan. Dit word algemeen aanvaar dat
die nuwe kerkgebou aan die noordelike kant van die teenswoordige
kerkgebou, waar die graf van ds. R. N. Aling is, geleë was.
Die huidige kerkgebou met sy ou Kaaps-Hollandse ontwerp,
wat in die wandel ook as die "strooidakkerk" bekend staan,
is in 1805 opgerig. Dit is vandag die oudste kerkgebou van
die Ned. Geref. Kerk wat nog in gebruik is.
'n
Lange ry van leraars het hierdie gemeente bedien: ds. P.
Simond (1691-1701); ds. H. Beck (1702-1707); P. van Aken
(1714-1724); ds. L. Slicher (1725-1730); ds. J.W. Hertzogenrath
(1731-1736); ds. S. van Echten (1738-1753); ds. P. van der
Spuy (1753-1781); ds. R.N. Aling (1784-1800); ds. P. J.
van der Spuy (1806-1807); ds. J.W.L. Gebhard (1810-1823);
ds. T. J. Herold (1823-1831); ds. G. W. A. van der Lingen
(1831-1869). Tydens laasgenoemde se termyn breek 'n vloedgety
van herlewing in 1860 uit en ontstaan die Pinksterbidure
wat later as 'n vaste praktyk deur die hele kerk oorgeneem
word.
In
Eeuwfeest-Album van der Nederduits-Gereformeerde Kerk in
Zuid-Afrika 1824-1924, deur Ds A Dreyer verskyn daar 'n
prent van de oude kerk Paarl 1805
EKSTRA
Opmerkings en bydrae deur Jean G le Roux:
Die
amptelike dokumente van vie gemeente Drakenstein vir die
tydperk 1691 -1717 het verlore geraak. As gevolg van 'n
brief van Mev. Simond, weduwee van die eerste leraar, is
in 1726 deeglik ondersoek ingestel en afgekom op los notas
wat die eerste voorleser Paul Roux, vir eie gebruik tussen
1694 en 1701 gemaak het sowel as notas van die tweede leraar,
Ds Henricus Beck vir die tydperk 1702-1707 en weer van 1710-1713.
Roux is reeds in 1723 oorlede en sy notas is toe in Frans
oorgeskryf saam met enkele inskrywings in 1711 en 1714.
Hierdie dokument is uiteraard onvolledig en bevat sekere
ernstige foute. Destydse navraag by Ds. Beck, toe leraar
in Kaapstad, het niks opgelewer nie, maar darem daartoe
gelei dat die Stellenbosse registers nog in sy besit na
Stellenbosch teruggeneem is.
Die
gemeente Drakenstein is in 1691 gestig en die naam is omstreeks
1804 verander na Paarl. Gedurende die tydperk 1691- minstens
1804 was daar 2 ouderlinge en 4 diakens waarvan die helfte
jaarliks afgetree het en nie
onmiddellik herkiesbaar. Die nuwe ouderling is direk deur
die Kerkraad verkies, maar vir nuwe diakens moes die Kerkraad
'n dubbeltal aan die Goewerneur voorle waarvan die eerste
twee name op die lys normaalweg deur
die Goewerneur goedgekeur is. In die onderstaande lys verskyn
ouderlinge se name eerste en dan die 4
diakens in die volgorde soos voorgestel. Slegs in 1770 en
1773 is een van die eerste 2 nie goedgekeur nie en vir daardie
jare word die goedgekeurdes se name in hoofletters aangedui.
1745
David de Villiers,
1746 Hendrik van der Merwe, Jan de Villiers, Francois Retief,
Jacob Marais en Stephanus du Toit.
1747 Pierre du Toit, Daniel Rossouw, Andries du Toit, Jacob
Marais en Roelof van der Merwe.
1748 Stephanus Marais, Hercules du Preez, Thomas A Theron,
Pieter Strydom en Jacob Marais.
1749 Jean Blignaut, Pieter Strydom, Roelof van der Merwe,
Francois Retief en Pierre Loret.
1750 Pierre du Toit, Daniel Rossouw, Jacob Marais, Jan de
Villiers en Pierre Loret.
1751 Charl Marais, Pieter du Toit, Jan Booyens, Stephanus
du Toit en Pieter du Plessis.
1752 Pierre le Roux, Roelof van der Merwe, Pieter Strydom,
Tielman Roos en Wensel C Coetzer.
1753 Pierre du Toit, Francois Retief, Pierre Loret, Daniel
Rossouw en Tielman Roos.
1754 Abraham de Villiers, Thomas A Theron, Jan Blignaut,
Pieter du Toit en Jan Booyens.
1755 Wynand Louw, Roelof van der Merwe, Pieter du Toit,
Jacob Marais en Abraham Bosman
1756 David de Villiers, Pierre Loret, Jacob Marais, Tielman
Roos en Hendrik F Moller.
1757 Charl Marais, Daniel Rossouw, Paul Roux, Jan Blignaut
en Andries du Toit
1758 Roelof van der Merwe, Jan Blignaut, Andries du Toit,
Hendrik F Moller en Tielman Roos.
1759 Pierre Loret, Jacobus P Roux, Pieter de Villiers, Hendrik
F Moller en Tielman Roos.
1760 Pierre du Toit, Paul Roux, Pieter Blignaut, Tielman
Roos en Pieter Joubert.
1761 Francois Retief, Pieter Joubert, Wensel C Coetzer,
Andries du Toit en Hendrik F Moller.
1762 Roelof van der Merwe, Jan Blignaut, Andries du Toit,
Jacobus P Roux en Tielman Roos.
1763 Daniel Rossouw, Paul Roux, Pieter Blignaut, Jeremias
Coetzer en Carel van der Merwe.
1764 Thomas A Theron, Wensel C Coetzer, Pieter Joubert Gsn,
Isak Nel en Tielman Roos.
1765 Pierre Loret, Joseph le Riche, Jeremias Coetzer, Pieter
Marais Dsn en Pieter de Villiers.
1766 Jan Blignaut, Daniel du Plessis, Pieter Marais Dsn,
Pieter de Villiers en Isak de Villiers.
1767 Jan de Villiers, Pieter de Villiers, Pieter Blignaut,
Andries du Toit en Jan Rossouw.
1768 Paul Roux, Jacobus P Roux, Pieter Joubert G sn, Isak
Nel en Tielman Roos.
1769 Roelof van der Merwe, Isak Nel, Jeremias Coetzer, Jacob
de Villiers en David de Villiers.
1770 Pierre Loret, Tielman Roos, DAVID DE VILLIERS Jsn,
Jacob de Villiers en JACOBUS LOUW.
1771 Thomas A Theron, Jacob de Villiers, Johannes du Preez,
Daniel du Plessis en Pieter de Villiers.
1772 Jacob Marais, Jeremias Coetzer, Isak Nel, Jacobus Bosman
en Abraham J le Roux.
1773 Jan Blignaut, JP DU TOIT, Jacobus Bosman, Abraham J
le Roux en GERRIT MUNNIK.
1774 Wensel C. Coetzer, Stephanus du Toit Psn, Pieter de
Villiers, Abr. J le Roux en SJ Weyers
1775 Isak Nel, SJ Weyers, Jan du Preez, Thomas A Theron
Psn en Abraham J le Roux.
1776 Daniel du Plessis, Abr. J le Roux, Thomas A Theron
Psn, Andries Brink en Booy Booysen.
1777 Pieter de Villiers, GG Hauptfleisch, JOSUA JOUBERT,
Jac. P du Preez, SCHALK W VAN DER MERWE Rsn.
1778 Jac P Roux, PJ de Villiers, Pieter van der Merwe, Booy
Booysen en Pieter de Villiers.
1779 Pieter Blignaut, Abr. Josua le Roux, Daniel Rossouw,
Pieter de Villiers en Abr. de Villiers.
Ook in 1777 was die eerste kandidaat-diaken nie vir die
regering aanvaarbaar nie.
TERUG NA BO