Met
die samewerking van die Afrikaanse GenForum
Kaapstad
Stellenbosch
Drakenstein
Genadendal
Roodezand
Swartland
Lutheran
Graaff-Reinet
Swellendam
Caledon
George
Uitenhage
Cradock
Beaufort-Wes
Somerset-Wes
Worcester
Vir 'n vol lys van die ontstaan
van NG kerke en van watter kerk hulle afgestig het.
II.
STELLENBOSCH gestig 1686
bydrae
deur Johan Erasmus
Slegs
21 jaar na die ontstaan van die eerste gemeente in die Kaap,
is die gemeente Stellenbosch in 1686 onder leiding van ds.
Johannes Overney - een van die leraars in die Kaap - gestig.
Die stigtingsbyeenkoms het op Sondag 13 Oktober 1686 in
een van die "Vrijmans"-wonings plaasgevind. Terwyl die genoemde
leraar slegs elke 3 maande 'n besoek aan die gemeente Stellenbosch
gebring het, is die beaarbeiding van die gemeente deur sieketrooster
Sybrand Mankandan waargeneem. Danksy die steun van kommandeur
Simon van der Stel kon die eerste kerkgeboutjie (geleë in
die huidige Kerkstraat) na 'n jaar en ses dae ingewy word.
Die diens by die geleentheid is deur Johannes van Andel
gelei. Voor die benoeming van 'n permanente leraar het die
predikante van "Cabo de Goede Hoop" en "Drakensteyn" die
sakramente in die gemeente bedien.
Die
eerste vaste leraar van die gemeente, ds. Hercules van Loon,
word in 1700 benoem en na 'n kortstondige bediening deur
ds. Henricus Beck (1704 - 1726) opgevolg. In 1710 word op
3 na alle geboue op Stellenbosch deur 'n verwoestende brand
in puin gelê. Goewerneur Maurits Pasques de Chavonnes verleen
in 1717 transport van 'n stuk grond vir 'n nuwe kerkgebou
wat in 1722 ingewy word. Die volgende leraars volg mekaar
- soms met lang tussenposes - op: Solomon van Echten (1732-1736);
Wilhelm van Gend (1739-1744); Eduardus Arents (1747-1749);
Johannes Appeldoorn (1753-1772); Philippus Kuys (1778-1785);
Meent Borcherdts (1786-1832) wat die sierlike woning La
Gratitude laat oprig; Tobias Johannes Herold (1832-1857)
en Johannes Henoch Neethling (1853-1904). Op 1 November
1854 word die Teologiese Kweekskool plegtig geopen. Die
huidige kerkgebou met sy statige Gotiese spitsboë vind op
31 Oktober 1863 plaas.
In
Eeuwfeest-Album van der Nederduits-Gereformeerde Kerk in
Zuid-Afrika 1824-1924, deur Ds A Dreyer verskyn daar 'n
prent van die kerk in 1722.
TERUG NA BO