.: home

.: hoofblad

KERKE VAN DIE KAAP

Met die samewerking van die Afrikaanse GenForum

Kaapstad
Stellenbosch
Drakenstein
Genadendal
Roodezand
Swartland
Lutheran
Graaff-Reinet
Swellendam
Caledon
George
Uitenhage
Cradock
Beaufort-Wes
Somerset-Wes
Worcester
Vir 'n vol lys van die ontstaan van NG kerke en van watter kerk hulle afgestig het.

KERKE in die KAAP tot 1824:
Die kerk aan die Kaap het die burghers gevolg soos hulle verder die land ingetrek het. Baie stamouers van die vroeë Kaap was betrokke by dieselfde kerke. Dit is verbasend dat die eerste 150 jare daar baie min kerke aan die Kaap was. Dit moet onthou word dat die gemeentes vêr uitgestrek was. Mense het hulle kinders gebring om gedoop te word, hulle het vir nagmaal by die kerk saamgetrek, dan was hulle ook by die kerk getroud. Die Kaapse Sinode het eers in 1824 instand gekom:

Die KAAPSE SINODE (bydrae deur Andrew Kok)
Die Kerkraad van Kaapstad het die sinode byeengeroep vir 2 November 1824 "ter bevordering van die belangen der gezamentlijke Nederduitsche Christelijke Hervormde gemeenten." Die kerkraad van die hoofstad, met die Kommisaris-Politiek, die WelEd.Achtb. Heer PJ Truter, oud-lid van die Ed.achtb. Raad van Justisie het in die konsistorie sitting geneem om die geloofsbriewe van die afgevaardigdes te ontvang. Die volgende was teenwoordig:
Kaapstad: Di. Heinrich von Manger; Jan Christoffel Berrangé; Abraham Faure Oudl. Hendrik de Jong; Jan Hendrik Hofmeyr (snr)
Stel'bosch: Ds Meent Borcherd Oudl. Jacobus Christiaan Faure Paarl: Ds Tobias Herold Oudl. PJ Blignault
Zwartland: Ds J Scholtz
Tulbagh: Ds JR Kircherer (agv huishoudelike omstandighede sluit hy laat aan) Oudl. Pieter Conradie; Johannes Diederik Mohr
Graaff-Reinet: Ds Andrew Hofmeyr
Swellendam: Ds Cornelis Mol
Caledon: Ds George Thom Oudl. DF du Toit
George: Vakant Oudl. CL Campher
Uitenhage: Ds Alexander Smith Oudl. P Maree (sluit later aan)
Somerset-Wes: Ds Jan Spyker Oudl. DJ Morkel
Worcester: Ds Henry Sutherland Oudl J du Toit Cradock:(1817) Geen afgevaardigdes (NS ds Taylor was toe die leraar daar)
Beaufort: Geen afgevaardigdes (Gemeente vakant)
Op die vergadering is ds Berrangé verkies tot Moderator en ds Borcherds tot sekretaris.

I. KAAPSTAD gestig 1665
bydrae deur Johan Erasmus


Van Staden tekening 1710, Fort is aan die linker kant.
Die Kerk met toring kan gesien word.
Regs van die Kerk is die Poort wat lei tot die Hospitaal.

 


Van Staden tekening 1710, kerk met toring.
Voor die kerk is die Slawe Logie.
Links van die Kerk is die Hospitaal.
In die voorgrond is die Tuin.

Dit word algemeen aanvaar dat die eerste gemeente aan die Kaap met die volksplanting in 1652 tot stand gekom het. In die begin moes die koloniste met die dienste van 'n godsdiensonderwyser (sieketrooster) Willem Wylant tevrede wees (daar is 'n artikel oor hom onder Beroepe). Behalwe dat hy gereelde godsdiensoefeninge in die Fort waargeneem het, was hy ook verantwoordelik om die kinders te onderrig en die evangelie aan die inboorlinge te verkondig. Die eerste nagmaalsbediening aan die Kaap word op 12 Mei 1652 deur 'n besoekende leraar, ds. Johannes Backerus, waargeneem. Die doop word op 24 Augustus 1653 vir die eerste keer aan die Kaap bedien. Ander sieketroosters wat tot en met die aankoms van die eerste leraar in die Kaap gearbei het, was Pieter van der Staal, Ernestus Back en Jan Joris Greef. Uiteindelik, nadat die volksplanting goed op dreef gekom het, besluit die Here Sewentien in Amsterdam om die eerste leraar in die Kaap aan te stel.

Op 18 Augustus 1665 land ds. Johannes van Arckel in Tafelbaai. Daar word ook in die kerkboeke melding gemaak van ouderling Abraham Schut en diaken Johannes de Wiener. Hulle magte was egter baie beperk en alle besluite was aan die goed- of afkeuring van 'n sogenaamde kommissaris-politiek onderhewig. In ds. Van Arkel se dienstermyn het dit ook nodig geword om 'n houtgebou as kerk te gebruik. In Desember 1665 is die gebou van 'n steengewel en 'n vloer voorsien. Later, in 1672, is die eredienste in die "Kat" - raadsaal van die Kasteel - gehou. Die fondament vir 'n kerkgebou word in 1687 gelê. Die eerste volwaardige kerkgebou, waarvan die boukoste terloops 'n som van £2200 gekos het, is eers in ds. Petrus Kalden se dienstyd, op 6 Januarie 1704, ingewy. Sedert die begin jare van die kerk aan die Kaap is die gemeente deur leraars soos ds. Petrus van der Spuy (eerste gebore Afrikaner wat predikant geword het) 1746 - 1752, ds. J. P. Serrurier, 1760-1802 bedien. Gedurende laasgenoemde se dienstyd, in 1704, is besluit om die kerk te vergroot. Dit word teen 'n bedrag van £4000 gedoen en in 1781 ingewy. Die teenswoordige pragstuk van 'n preekstoel word teen 'n bedrag van £708 deur die ervare beeldhouer Antonie Anreith uit die beste Indiese hout geskep en in November 1789 ingewy. Later moes hierdie kergebou egter afgebreek word en is die nuwe gebou, die Grootte Kerk, in 1841 plegtig ingewy. Al wat van die gebou van 1704 behoue gebly het, is die huidige toring.


Tekening van die Kerk.

Foto van die Kerktoring verskans tussen die geboue vandag.

Na ds. Serrurier is die bediening van die gemeente behartig deur ds. C Fleck (1781 - 1822) en sy kollega ds. Von Manger. Van die bekendste predikante van die gemeente wat 'n baie groot invloed op die kerklike lewe aan die Kaap uitgeoefen het, was ds. Helperus Rizema van Lier (1786 -1793) en dr. Abraham Faure (1822 - 1867).

Ds A Dreyer, Eeuwfeest-Album van der Nederduits-Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika 1824-1924, verskyn daar 'n prent van die Kerk in 1704.
TERUG NA BO