Johann OBERHOLSTER (OBHOLSTER), hy het gekom van Oberholz
naby Wald in die Switserse kanton naby Zurich. Hy het by die
Kaap aangekom as 'n soldaat in 1696. Hy word later 'n burgher
en was 'n slagter. Hy trou 5 Julie 1706 met die 16 jarige
Helena DU TOIT, sy was die dogter van Guillaume du
Toit en Sara Cochet. Hy trou die tweede keer op 14 Januarie
1714 met Judith DU PLESSIS, sy was die weduwee van
Ary van Eeden.
KINDERS:
b1
Johannes gedoop 24 Oct 1702 (moeder Agnitie Colyn), X
6 Sep 1744 Sara Coetsee
b2 Barbara gedoop 20 Apr 1708 (moeder Jannetjie
Marretje VAN DE KAAP), X 30 Nov 1727 Paulus Hartog
(sien ook wat Spoelstra, Vol I, p 81 te sê het)
b3 Johannes gedoop 24 Aug 1710, X 2 Mei 1728 Elisabeth
Prevot
b4 Guillaeme * c 1712, X 30 Des 1731 Johanna Margaretha
Bergman
b5 Johanna Barbara gedoop 6/18 Jun 1713, 21 Okt 1731 Michiel
Pentz, XX Dirk de Jongh, XXX 29 Nov 1767 Johan Anthonie
Hitsman
Oberholster
het 'n buite egtelike kind gehad met Agnitie COLYN
(Haar moeder Maria was die dogter van die vorige slawe
paar Evert en Anna van Guineë.) Jacob Pleunis se
vrou het met Agnieta gepraat en gesê in Aug 1707
"Dit is mos Overholster se kinders. Jy kan gerus
maar erken, want hulle is immers in Overholster se huis
gebore", Pleunis sê toe ook vir haar "Jy
kan dit maar sê dat hy die vader is, want ek het
ook 'n kind by 'n swartvrou wat ek nog wil vrykoop".
Agnitie Colyn was gedoop 5 Maart 1684, sy trou 21 Augustus
1707 Jan Janse van der Heyden. Weens hierdie geval het
dominee le Boucq Jan Oberholster uit sy amp as diaken
onthef omdat hy met Agnitie saamgeleef het en met haar
kinders gehad het. Oberholster het hierdie verhouding
ontken, want die kinders is nie op sy naam gedoop nie.
Bronne:
SAG, Vol 7
J Hoge Personalia of the Germans at the Cape
JL Hattingh "Beleid en Praktyk: Die Doop van Slawekinders
en die sluit van Gemengde Verhoudings aan die Kaap voor
1720" Kronos vol 5, 1982
Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap: Die Wêreld
van 'n slavin 1652-1733, p 653
Saamgestel
deur:
AM van Rensburg
Gaan
Loer gerus na die webwerf van Leon Oberholster www.webfactor.co.za