Johann Heinrich NEUHOFF land in 1760 as 'n soldaat
aan die Kaap. Hy werk as 'n smit en word in 1765 'n burger.
Hy trou op 27 Oktober 1765 met Cornelia VAN DE
KAAP (ook bekend as Ley). Sy
is op 15 Augustus 1756 in die Kaap gedoop. Sy was 'n buite-egtelike
dogter van b2c2 Jacobus Ley en Eva van de Kaap (Eva was
die dogter van die slavin Cleleli van Bengale. Eva is
later met Peter Lange getroud). Neuhoff en Cornelia het
vyf kinders gehad.
Neuhoff
sterf in 1791 op Wenigerode.
Bronne:
J Hoge, Personalia of the Germans at the Cape
Saamgestel
deur:
AM van Rensburg