Skip to main content

logo new

The Land

Die Uitbreiding van die Grense van die Ou Kolonie

Ten einde die administrasie van die vinnig verspreidende Europese besetting aan die Kaap te verbeter het Goewerneur Simon van der Stel gedurende 1685 die eerste Landdrospos in Stellenbosch ingestel. Die doel van hierdie pos was om na die Kompanjie se plase, veeposte en algemene belange om te sien. Met die hulp van verskeie assistente, genaamd heemraden, was daar ook maandelikse siviele sake in die hof aangehoor asook belastings ingevorder. Sonder behoorlike gedefinieerde distriksgrense asook onmoontlike lang distansies tussen nedersettings en plase, het hierdie egter gou 'n feitlik onmoontlike taak geword.

Dit word aanvaar dat hierdie probleme direk gelei het tot die neerlĂȘ van die eerste amptelike grensverlenging in Desember 1711. Die Kaapse distrik het ge-eindig teen die Kuilsrivier en die Stellenbosch distrik by die Hottentots Hollandberge. Geen noordelike grens is egter vasgestel nie. Jurisdiksie van die Stellenboschse distrik het gestrek "tot sover as die binneland waar koloniste was".

Teen 1745 was daar nog steeds net die Stellenboschse Landdrosdistrik en van hierdie heemrade was verwag om 'n grens van ongeveer 500 km te beheer. Die grens van die Kaapkolonie was nog steeds nie behoorlik neergelĂȘ nie alhoewel daar settelaars sover as die suide van Namakwaland, noord van die Hantam en die Roggeveld en ooswaarts anderkant die Gouritzrivier was. Wanneer daar melding gemaak was van die okkupasie van die Kaapkolonie is dit slegs beskryf as "far outlaying districts" en word die grens beskryf as "...where the power of the Honourable Company ends".

1745: Grense word neergelĂȘ tussen Kaap, Stellenbosch en Swellendam. Nog steeds word die noordelike grens nie beskryf nie.

1769: Permanente grens tussen die distrikte van Stellenbosch en Swellendam word bepaal as die Swartbergreeks. Die area na die noorde toegeken aan Stellenbosch en die suide aan Swellendam. In die ooste word daar settelaars aangetref ver verby die Gamtoosrivier. Dit is ver verby die Grootbrakrivier wat die amptelike oostelike grens was.

1771: Die oostelike grens word verskuif na die Gamtoosrivier en alle settelaars word beveel om terug te trek tot binne die Kolonie se grense. Nog steeds word geen noordelike grens bepaal nie en veeboere beweeg stelselmatig verder noord sonder enige beperkings.

1785: 'n Nuwe Landdrosdistrik word verklaar by Graaff Reinet. Terwyl Swellendam se grense nou definitief bepaal is het Stellenbosch egter nog steeds 'n noordelike korridor en beset settelaars al areas sover as Kamiesberg, Hantam en Nieuwveld by die oorsprong van die Sakrivier.

1795: Die Britte beset die Kaapkolonie en daar is nog steeds geen noordelike grense vasgestel nie alhoewel boere al erkende leenplase vir die afgelope 50 jaar beset.

1798: Lord Mccarthy proklameer die binnelandse grense as volg: In die Noordweskaap, die Nieuweveldberge tot die oorsprong van die Rietrivier en al met sy loop langs tot die bergreekse aan die suidelike rand van Boesmanland tot die noordelike punt van die Kamiesberg en al met die Buffelsrivier (Kousie) tot waar dit in die Atlantiese oseaan inloop. Hierdie grens word bepaal alhoewel daar toe alreeds 7 plase oorkant die Buffelsrivier beset word. Eers in 1805 verleng die Hollandse administrasie die grens met 50 km.

1804: Stellenbosch distrik word onderverdeel deur Goewerneur Janssens. Die noordelike distrik word Tulbach.

1805: 'n Subdivisie van die noordwestelike deel van die kolonie word verklaar en die landdros word gestasioneer by Jan Dissels Vallei (word Clanwilliam in 1814). Hierdie sub-distrik was onderhewig aan opdragte van die landdros by Tulbach. Die Tulbach en Stellenboschse distriksgrense word ook hersien en word so beskryf: Die area oos van die Groot Bergrivier in dieTulbachs distrik en wes van die Groot Bergrivier in Stellenbosch distrik.

1819: Nog 'n subdivisie van Tulbach word verklaar nl. Worcester. Die Clanwilliam subdivisie val nou onder Worcester en word eers in 1836 verklaar as 'n distrik in eie reg.

1847: Die noordelike grens van die Kolonie word verleng tot by die Oranjerivier (Grootrivier).

1856: Namakwaland word verklaar as 'n onafhanklike fiskale divisie.
Bron: Aspects of the rural occupance of Namaqualand D.G.B. Slade

  • Hits: 13668

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy