Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

WINTERBACH Johann Carel

Johan(n) Car(e)l WINTERBACH, van Kleef (Cleve) in Duitsland, gebore 11.3.1734, seun van Johann Dietrich WINTERBACH en Anna Margaretha MEULEN. Kom in 1757 as soldaat op die skip Overschie in Tafelbaai aan. Word burger in 1760 en is die volgende paar jaar ‘n kleremaker. Hy het die eienaar geword van die plaas ,,Weltevreden” wat naby Wynberg geleë was. In 1788 het Winterbach die aandag van die Politieke Raad daarop gevestig dat hy as oudste offisier in diens van die Kompanjie geregtig is op die rang van kaptein en as sulks graag met pensioen wou aftree. Oorlede 20.8.1809. Trou 30.10.1760 met Maria WENDEL, die dogter van Heinrich WENDEL; hertrou 12.7.1778 met Maria Magdalena HAUSSAMER, die dogter van G. G. HAUSSAMER. Hy het 4 kinders.

KINDERS:
b1 Anna Margaretha (1779).
b2 Johannes Carel (1781), getroud 16 Augustus 1807 met Dorothea Elisabeth THERON.
b3 Maria Magdalena (1782).
b4 Geertruida Catharina (1786).

VERWYSINGS:
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
J.H Redelinghuys: Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA (1955)

Saamgestel deur:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

 

 

 



 

  • Hits: 9986

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy