Skip to main content

logo new

Surnames V to Z

VERSTER Jacobus

Jacobus VERSTER, gebore c1747, sterwe c1783. Hy was die seun van Pieter George Marcus enCornelia van der Stelt van Noord-Brabant, Nederland. Verster was "n assistant in diens van die VOC.

Hy trou op 15 November 1761 met Helena Cecilia DU TOIT, gebore c.5 Sep 1734. XX Magdalena Judith THERON (gebore c.21 May 1752; getr 6 Nov 1768; oorlede 20 Jun 1833)

N.a.v sy eerste huwelik, kan aangeneem word dat hy voor 15 Nov 1761 in die Kaap aangekom het.

b1. Maria Cornelia (gebore 15 Aug 1762)
b2. Pieter Georg Marcus (gebore 21 Apr 1765) X 18 Sep 1785 Anna Francina THERON (gebore c.28 Sep 1766)
b3. Jacobus Remmerus (gebore c.15 Oct 1769; oorl. c. 1846) X 23 Sep 1792 Susanna BRINK (gebore c.5 Aug 1770) XX Magdalena Petronella THERON (m.doopgetuies by AF Verster 3.9.1786)
b4. Johannes Louis (gebore 30 Jun 1771)
b5. Daniel Francois (gebore 28 Nov 1773)
b6. Adriaan Lodewyk (gebore 11 Aug 1776)
b7. Izaak Charl (gebore 18 Jan 1778) X 30 Aug 1801 Susanna Phillippina VAN DER MERWE (gebore c.13 Jul 1777; oorl. 15 Aug 1866)
b8. Thomas Gabriel (gebore 2 Jul 1780; oorl. 1845) X Magdalena Susanna THERON (gebore c.13 Jul 1788)
b9. Ryno Johannes (gebore c.14 Apr 1782) X 3 Mar 1810 Hester Francina Bartholomina JOOSTE (gebore c.4 Jun 1794) XX 15 Jun 1828 Geertruyda DE KOCK (gebore c.23 Feb 1800)

Bronne:
De Villiers & Pama en DR"s & TR"s van Kaapstad en Tulbagh se NG Kerke.

Bydrae:
Paul Bosman pbosman@kleinfontein.net


Byvoeging:

Jacobus het in 1753 as twintigjarige sy seevaartekspedisies in diens van die VOC begin. Hy was 'n sersant, in bevel van 'n aantal soldate. Hy het ook 'n skeepsjoernaal bygehou van sy seereise. Sy eerste inskrywing begin op 29 Sep 1753 op die nooiensvaart van 'Buiten Zorg' (Buyten Zorg) vanaf Texel na Batavia.

Hy was 'n neef (volgens sy joernaal, maar in werklikheid derde neef) van die Fiskaal (tweede in bevel aan die Kaap) baron Pieter van Reede van Oudshoorn. Jacobus se vestiging aan die Kaap was sekerlik sterk beïnvloed deur sy jare lange vriendskap met sy neef en dié se gesin. Baron P v R v O is in 1772 aangewys as opvolger van goewerneur Rijk Tulbagh, maar het gesterf voordat hy die amp kon beklee.

Sy joernaal verwys na die volgende seevaarte:

1. Buiten Zorg vanaf Texel op 23 Okt 1753, aankoms by die Kaap op 22 Jan 1954
2. Buiten Zorg vanaf die Kaap op 21 Feb 1754, aankoms in Batavia op 8 Jun 1754
3. Thooren Vliet vanaf Batavia op 27 Okt 1755, aankoms by die Kaap 30 Des 1755
4. Thooren Vliet vanaf die Kaap op 1 Maart 1756, aankoms in Vlissinge op 27 Jul 1756
5. Marienbosch vanaf Europa op 29 Okt 1759, aankoms by die Kaap 4 Maart 1760.

Sy joernaal eindig op laasgenoemde datum en daar word aanvaar dat dit die datum is wat hy hom permanent aan die Kaap gevestig het.

Volgens 'n VOC-webwerf het hy op 23 Okt 1753 as sersant in die diens vd VOC getree tot 1756, waarna hy van Batavia gerepatrieerd is en as passasier op die 'Thoorn Vliet' na Nederland teruggekeer het. Op 29 Okt 1759 het hy weer as soldaat indiens van die VOC op die skip 'Marienbosch' na Kaapstad gevaar.

Volgens die monsterrolle van die VOC was hy in 1760 in 'n hospitaal aan die Kaap en het sy diens na sy skeepsvaarte as volg verloop:

1761 - soldaat - in die "Negotie" kantoor
1762 - 1771 assistent - in die "Negotie Comptoir" (Comptoir = rekenkamer, skryfkamer, kantoor).

Volgens die VOC-webwerf het Jacobus op 20 Feb 1781 uit die diens van die VOC getree om 'n Vryburger te word. (Onthou die VOC se bankrotskap in 1780 ). Hy en sy oudste seun Pieter George Marcus het op 15 April 1781 die eed as burgers van Cabo de Goede Hoop afgelê. Die vraag ontstaan wat het hy van 1771 tot 1781 vir die VOC gedoen?

Volgens sy testament en boedelinventaris het hy "Een Woonplaats of hofstede genaam Oude Westhoff geleegen in de Tijgerbergen" besit, wat hy in 1773 gekoop het. [Die omliggende plase was Plattekloof (wes), Maastricht en Bloemendal (noord), Onrus (oos) en Welgemoed.] Die opstal van Oude Westhoff is tans (2007) gelee in 'n noordelike voorstad van Bellville genaamd Oude Westhof en word as 'n restaurant bedryf. In 2012 staan die restaurant bekend as "The Hollow Tree".

Uit sy boedelinvetaris blyk dit dat Jacobus 'n vermoënde man was. Die ruim opstal, met al sy buitegeboue en werkswinkels was baie goed toegerus. Daar was heelwat trekosse, perde, beeste, skape en bokke, maar die twaalf slawe en ses slavinne wat hy besit het, is seker die beste aanduiding van sy rykdom. Te oordeel aan die inhoud van sy buitegeboue en die omvang van uitstaande skuld ten gunste van sy boedel, kan afgelei word dat hy op redelik groot skaal met wyn, graan en groente geboer het.

Jacobus was, sover vasgestel kon word, die enigste kind van Pieter George Marcus Verster en Cornelia van der Stelt van 's-Hertogenbosch, Noord-Brabant, Nederland. Hy trou op 15 November 1761 met Helena Cecilia du Toit, 'n kleindogter van die Franse Hugenoot Francois du Toit afkomstig van Ryssel in Frans Vlaandere wat reeds voor 1690 in Suid-Afrika aangekom het.

Jacobus en Helena het een dogter, Maria Cornelia, en een seun, Pieter Georg Marcus, gehad. Sover vasgestel kan word het Pieter net een kind, 'n dogter, gehad, sodat hy nie 'n Verster-nageslag nagelaat het nie. Pieter is op 21 jarige ouderdom oorlede.

Helena sterf in Maart 1768 en Jacobus trou weer op 6 November 1768 met Magdalena Judith Theron 'n kleindogter van die stamvader van die Therons, Jacques Therod, ook 'n Franse Hugenoot wat in 1688 met die 'Oosterland' by die Kaap aangekom het. Alle Versters in Suid-Afrika is dus afstammelinge van die Franse Hugenote en Magdalena is die stammoeder van die Versters in Suid-Afrika.

Jacobus en Magdalena het sewe seuns gehad waarvan net vier kinders gehad het en slegs drie se nasate vandag nog lewe.

Nagevors en samestelling deur:

Paul Bosman

 

  • Hits: 13987

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy