Skip to main content

logo new

Surnames R to U

TERREBLANCHE Estienne

van Toulon was "n Franse Hugenoot wat in 1703 reeds in die Kerklike opgawes verskyn. Hy is op 3 Des 1713 getroud met Martha le FEBRE, weduwee van Jacques Pinard. Hy kry die plaas Lustigaan, Klein Drakenstein op 3 Desember 1713 die vorige eienaar was Jacques Pinard die eerste man van Martha le Febre. Hy het die plaas Lustigaan tot 7 Julie 1725 gehad toe koop Louise le Riche die plaas. Hy kry ook die plaas Geelblomsvlei wat ook aan Pinard behoort, omdat hy met die weduwee le Febre, sy vrou verkoop die plaas in 1734 onder die naam Hartebeeskraal aan Heinrich Hop. Die oorspronklike Hartebeeskraal word in 1718 aan Francois Retief verkoop.

In 1701 was Terreblanche in die Land van Waveren. Daar was botsing tussen die vryburghers en die Khoikhoi, toe die Khoi agtervolg word het Jurgen Arend vir Terreblanche gesê dat hy een dood geskiet het, Terreblanche het nie omgegee nie want 20 van sy beeste was gesteel. Toe die twee in die gebergtes gaan was Arend getref deur "n pyl, maar voordat Terreblanche hom kon gaan help het was Arend omsingel deur die Khoikhoi en doodgeslaan. Terreblanche kon darem veiligheid bereik. In 1705 was Terreblanche in die Land van Waveren en het hy die owerheid gevra vir "n pik, graaf en groot hammer om die roete deur die valleij te verbeter. In 1711 was hy die voorman van die padwerkers groep in die gebied. Terreblanche en Imbert het saam geboer in Roodesand.

Hy het ook as "n kneg vir Pieter de Vos gewerk in 1710.

Hulle het 2 seuns en 2 dogters gehad.

1. Stephanus ~ 10 Maart 1715
2. Geertruy ~ 5 Des 1717
3. Martha ~ 5 Des 1717 x Ignatius Ferreira
4. Pieter ~ 16 Nov 1721 + 27 Jan 1795 burger Swellendam x Drakenstein 25 Aug 1748 Petronella Stevens Botma

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
JG le Roux en WG le Roux Klein Drakenstein: Ons Drakensteinse Erfgrond
M Cairns The Secluded Valley. Tulbagh: t" Land van Waveren 1700 - 1804
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz
AM van Rensburg

 

  • Hits: 11301

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy