Surnames R to U

Written by Pieter Conradie on . Posted in R - U.

SERFONTEIN Willem

Willem SERFONTEIN (of Serventijn), geb. 1744 aan die Kaap, vader onbekend, moeder Christina ABRAHAMSE, is op 24 September 1780 in die eg verbind met Aletta Jacoba DETKINS. Sy was ged. 29.8.1751, dogter van Nikolaus Wilhelm DETKEN en Jacoba Margaretha VAN DER HEYDEN. Hulle het vyf kinders gehad, waarvan twee waarskynlik nooit getrou het nie:
(1) Willem Jacob (1783) en
(2) Anna Maria (1787). Die ander kinders was:
(3) Johan Lodewijk (1781), getroud met Elisabeth SMIT; 2 seuns.
(4) Christina Aletta (1785), getroud met Georg Christiaan GANS.
(5) Christiaan Jacobus (1793), getroud met Anna Susanna VAN ZIJL; 2 kinders.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing: