Skip to main content

logo new

Surnames R to U

RADEMEYER Jacobus

Jacobus RADEMEYER van Weeze in Kleef, Duitsland, het as soldaat met die skip Schakenbosch in 1751 in Tafelbaai geland. Voordat Rademeyer in 1767 burgerskap verkry het, was hy vir ses jaar, van 1754 tot 1760, waarnemende landdros van Swellendam. Op 26 Maart 1756 het hy met Anna Margaretha CLAASEN in die huwelik getree.

Hulle vyf kinders was:
(1) Jacobus Coenraad (1757), burger van Stellenbosch en getroud 31 Oktober 1779 met Regina VAN ZYL, die weduwee van Gideon DE JAGER; hertroud 26 Julie 1784 met Anna Maria VIVIER, die weduwee van Pieter OOSTHUIZEN; 6 kinders.
(2) Isabella Elisabeth (1759), getroud met Johan Christiaan KRIEK.
(3) Nicolaas (1762).
(4) Aletta (1764), getroud met Hendrik VAN DER WAT.
(5) Cornelis (1767), burger van Swellendam en getroud 19 April 1789 met Hester FERREIRA hertroud 12 Junie 1791 met Jacoba FERREIRA; 12 kinders.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing:

 

 



 

  • Hits: 12105

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy