Surnames R to U

Written by Stamouers on . Posted in R - U.

ROUX LE

Jean le ROUX van Blois, gebore 1667, was die broer van Gabriel, en het as Franse Hugenoot op 13 April 1688 met die Voorschooten aangekom.

Jean le Roux *16 November 1666 op die plaas Pommegorge by Mer, Frankryk en daar op dieselfde dag gedoop. Sy ouers was Isaac le Roux (1615-1687) en Jehanne(Jeanne) Bourdon (1634-15 April 1672). Hy verlaat Mer op 4 November 1686 en vlug na Delft, Nederland vanwaar hy en sy stiefbroer Gabriel le Roux op 31 Desember 1687 met die Voorschooten na die Kaap vertrek. Pommegorge, sedert 1530 in familiebesit, is op 29 Mei 1687 verkoop. Besit die plase Goede Moed in Suider Paarl van 1690 tot 1700 en Parys in Klein Drakenstein van 1700 tot 1712. Hy het verdrink saam met sy broer Gabriel in die Berg- of Wildeperdsrivier 1711. Jean was getroud c1703 met Jeanne MOUY *c. 1686 St. Amand, Ffandres, Frankryk, dv Pierre Mouy. Sy trou weer 7 Mei 1712 Philippe Meinard (1681-1751).

Jean le Roux en Jeanne Mouy het 3 seuns en "n dogter gehad.

Jeanne Mouy en haar suster Marie (Sy het getrou met Francois Retief) het met hulle vader Pierre Mouy by die Kaap aangekom in 1699 op die skip Donkervliet. Pierre Mouy het geboer op De Krakeelhoek, Wamakersvallei.

1. Marie ~ 18 Okt 1704, sy sterwe 1727 x 1724 Jean(Johannes) Nortjé
2. Pierre ~ 12 Des 1706, hy sterwe 1771, burger Drakenstein, x 29 Apr 1736 Magdalena Cilliers
3. Jan ~ 19 Mei 1709, burger Drakenstein, x Geertruy van Deventer, weduwee van Pieter du Plessis
4. Daniel ~ 8 Nov 1711 gebore na sy pa se dood, jonk oorlede.

Jean het heelwat skuld gehad: aan Pieter Rossouw f100, Pieter van der Byl f300, Jan Sichere F300, Pieter Moeij (sic) f400. Die twee le Roux weduwees het elk "n seun laat doop op 8 Nov 1711. Beide moes ondersteuning kry van die diakonie. Nadat haar man verdrink het trou Jeanne weer met Philippe Mesnard (Minnaar) op 7 Mei 1712.

Gabriel le ROUX, *25 Julie 1667 te Cour-Cheverney en gedoop Blois, Frankryk 28 Julie 1669. Hy was die seun van Pierre le Roux (1632-1682) en Anne Bourdon. Sy ouers verhuis in 1672 na Pommegorge waar hy saam met Jean le Roux (1662-1711) opgroei. Hy vlug saam met Jean na Delft en vertrek saam op die skip Voorschooten na die Kaap. Besit die plase La Concorde in Suider-Paarl van 1689 tot 1695 en Salomonsvlei in Klein Drakenstein van 1695 tot 1711. Hy het saam met sy broer Jean verdrink in die Berg- of Wildepaardrivier 1711, x c. 1701 Marie Catherine le Febre, * Fleurbaai, Stellenbosch, gedoop Stellenbosch 13.10. 1686 en oorlede Gouritsriviermond 01.09.1782, dogter van Pierre le Febre en Marie de Grave. Sy trou weer 11 September 1712 Jean Roi. oorlede 1720. Sy trou die derde keer in 1723 met Franz Haarhoff oorlede 1758.

KINDERS

1. Maria Magdalena ~ 12 Aug 1702 x Joseph Jordaan
2. Pieter ~ omstreeks 1704, burger Drakenstein, x 12 Apr 1727 Francina Celliers
3. Daniel ~ 30 Okt 1706
4. Abraham ~ omstreeks 1709, burger Drakenstein, x 17 Sep 1741 Petronella van Marseveen xx 20 Jul 1766 Cecilia du Preez
5. Gabriel ~ 8 Nov 1711, gebore na sy pa se dood.

 

Jean le ROUX van Normandie in Frankryk. Land 27 Januarie 1687 in Kaapstad van Wapen van Alkmaar. Besit plase Vlakkeland, Daljosafat van 1692 tot 1705, Langverwag, Kuilsrivier van 1721 tot 1726 en Welgevallen, Stellenbosch van 1723 tot 1752. Transportryer van 1705 tot 1725. Oorlede 1752. Hy trou in 1700 Marie le Lievre, *1684 te Ryssel, Frans-Vlaandere, dv Guillaume le Lievre oorlede 1723 en Marie-Catherine Durier oorlede 1726. Die gesin kom in 1700 na die Kaap en is daarna bekend as De Haas. Marie le Lievre oorlede 1751 Stellenbosch.

Hy het 12 kinders nagelaat:

1. Dina ~ 16 Apr 1702 x 15 Nov 1722 Dirk Hugo
2. Jan ~ 24 Aug 1704, burger Stellenbosch, x 27 Maart 1729 Catharina Harmse weduwee van Johannes Bekker.
3. Jacobus ~ 24 Feb 1709 x Susanna van den Bank
4. Anna ~ omstreeks 1710 x Heinrich Thomas van Husum
5. Matthiam ~ 27 Maart 1712 x 6 Nov 1735 Francina Bastiaans, weduwee van Jost Heinrich Frisch van Munden, Hannover xx 9 Nov 1766 Petronella Catharina Leever.
6. Maria ~ 12 Aug 1714 x Gerrit Kemp xx Philip Hartog
7. Rachel ~ 19 Sep 1717 x Frederik Luyt
8. Lea ~ 17 Maart 1720 x Adam Barnard
9. Rebecca ~ omstreeks 1722 x 18 Jun 1748 Hendrik de Grys xx Andries Kluysman
10. Magdalena ~ 25 Nov 1725 x Willem Odendaal xx Johannes Hartog
11. Catharina Elisabeth ~ 28 Nov 1728 x Johann Bernhard Hoffman
12. Dina x Dirk Uys

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek
Dr Willem G. le Roux se Om Aan Te Proux - "iets oor die Le Roux-families in Suid-Afrika".

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz
AM van Rensburg
Jean le Roux