Skip to main content

logo new

Surnames R to U

REBSTEIN Franz/Francois

Francois REBSTEIN, ook bekend as Franz REBSTEIN, is gebore op 03 Oktober 1872 in Immenstaad, Baden, Duitsland en gedoop op 06 Oktober 1872 in Immenstaad, Baden, Duitsland. Immenstaad is geleë op die Noordelike kuslyn van ‘Lake Constance’, naby die Austria en Swiss grenslyn. Hy was die seun van die Steen bouer Johann Baptist REBSTEIN gebore 1839, Immenstaad en Anna ARNEGGER gebore 1841. Francois trou in Zürich Switserland met Anna Helena KIESLING, gebore op 28 Junie 1880 in Lugano, Switserland. Sy was die dogter van Alphons KIESLING en Marie SIEBER.
Hulle vestig hulleself in Kaapstad waar Francois ’n Dameshaarkapper is. In Maart 1898 word hy ’n Suid-Afrikaanse burger deur middel van naturalisasie nadat hy vir 2 jaar en 6 maande in die Kaap gewoon het. Hulle 2 seuns is gebore in die Kaap. Francois sterf op 04 Junie 1952 by sy woning “Rivulet”, Prince laan, Plumstead, Kaap en word begrawe in die Plumstead begraafplaas. [Boedel] [Inventaris] Na sy afsterwe keer sy vrou Anna terug na Switserland en is oorlede op 29 Desember 1953 by Ospedale Civico, Lugano, Switserland. Hul twee seuns was hul erfgename. Francois het 2 eiendomme agtergelaat. Een in Houtbaai, deel van die plaas Kromendal “The Beach Estate”; en een in Plumstead waar hy oorlede is.

KINDERS

b1 Frank Woldemar gebore 29 November 1904 Kaap, sterf 27 April 1964 Johannesburg x 03 Oktober 1933 Johannesburg met Joan Margaret CARSTENS gebore 09 April 1912 Kaap, sterf 19 Junie 2007 Shaftesbury, Dorset, Engeland, dogter van Brinley Richard CARSTENS *1884 en Muriel Gertrude BARBER. Frank en Joan het ’n seun en ’n dogter. Hul skei en hy trou xx Lizzy MARKGRAAFF.

b2 William Erich ook bekend as William Bruno Erich gebore c.1906 x Eleanor Mary HALL.

BRONNE
Franz Rebstein aka Francois Rebstein – Geboorte rekord in Duitsland: 
Sterfkennis: 
Boedel Francois Rebstein:
Inventaris:
Begrawe: Plumstead Cemetery, Cape Town

Geskryf deur Belinda Ellain Rebstein (CALITZ) E-pos: belinreb@gmail[dot]com


  • Hits: 2960

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy