Skip to main content

logo new

Surnames R to U

RUPERT, Johann Peter

Johann Peter RUPERT, is die Suid-Afrikaanse stamvader van die Ruperts. Hy was gebore in Trier, in die suidelike deel van die Ryn Provinsie, in Pruise (vandag Duitsland) in 1838. Die van was aanvanklik Ruppert, maar die tweede “p” het in onbruik geraak. Die van beteken in Duits “Bekanntheit und Auftrieb“ wat vertaal kan word as ”Lewendig en goed erkenbaar“. Die naam Rupert word meer as ´n naam gebruik dan as ´n van.Hy was 18 toe hy in Colchester Engeland getrou het met Emma Susanna Grandfield-Crosby, op 19 Oktober 1856. Sy was ’n Britse dame van Essex (gebore 7 November 1837) In 1857 het die egpaar na Suid -Afrika verhuis.

Daar is 2 seuns uit die huwelik gebore:

b1. Johann *c. 1858 † c.1859 [MOOC 6/9/88 no. 6504]

b2. Ellen *c. Jan 1860 † c. Mei 1861 Ω Graaff-Reinet 10 Mei 1861.

b3 Anthony Edward * 18 Januarie 1862 te Graaff-Reinet, x Maria Elizabeth DIPPENAAR . Maria die dogter van Barend Petrus en Petronella Geertruida (née Marais) was gebore op 23 Julie 1864 en sterf 27 Maart 1930. Anthony sterf 22 Junie 1906 te Graaff-Reinet. Sewe kinders (3 dogters en 4 seuns) is uit die huwelik gebore.
[Die oupa van Anthony Edward (Anton) * 4 Okt 1916]

b4. Francis  4 Jun 1864 † [witseerkeel] Sep 1869 Ω Graaff-Reinet 16 sep 1869.

b5 Johann Daniel * 30 Desember 1865  † 7 September 1869 Ω Graaff-Reinet 7 Sep 1869.

b6. Emma Susanna Grandfield * 29 Nov 1875 † Petersburg, dist Graaff-Reinet c. 1883.

Johann Peter en Emma Susanna is oorlede op 18 September 1882 en 14 April 1919 onderskeidelik te Graaff-Reinet en Port Elizabeth.

Bronne:
Nasionale Argiewe van Suid Afrika
Add.data: Annelie Els; SAF2018.34: erkenning Isak Bosman.

  • Hits: 4949

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy