Skip to main content

logo new

Surnames N to Q

POTHARST Johann

Johann Simon POTHARST die stamvader van die POTTAS, POTAS en POTHAS families.

This document is also available in English from e mail address shown at the end.

Betekenis van Van :

Die volgende spellings Pottas / Pottharst / Potthast / Potthas word as aanvaarde spellings van die van in Duitsland aanvaar.

Die naam kom uit die "Speisen und Getränken" geledere. Dit beteken inkort dat die van sy oorsprong het uit die voedsel- en drankbedryf. Dit word gegee in Duits as "Eine art Gulash" en vertaal “een spesifieke soort goulash”.

Stamboom

Johann self meld dat hy van Schwalenberg, Lippe, Duitsland afkomstig is. Daar is in die doop- registers van Schwalenberg se Evangelische Kirche slegs die doop van Johann Simon Henrich Pothast aangeteken wat binne die verwagte leeftyd van Johan Simon val. Die doop is bedien op 23 September 1736 en sy ouers word gemeld as Johann Henrich Pothast en Anna Margaretha Diebrocks, Johann en Anna is getroud op 22 Mei 1735 in die Evangelische Kirche in Schwalenberg, Lippe, Duitsland. Daar moet egter nog verdere navorsing gedoen word om met sekerheid te kan sê dat voorgenoemde doop en ouers korrek is.

Hy was 'n soldaat aanboord van die 'De Vrouwe Geertruide' wat op 6 Oktober 1761 uit Texel, Nederland vertrek het en op 13 Februarie 1762 in Kaapstad arriveer het. Aan boord was 222 seemanne, 103 soldate, 14 ambagsmanne, en 6 passasiers. (Dutch-Asiatic Shipping Vol 1) De Vrouwe Geertruida is in 1757 in gebruik geneem deur die VOC en het diens gedoen tot 1 Januarie 1779 toe dit uit diens gestel is in Indië. De Vrouwe Geertruida doen 11 keer aan die Kaap de Goede Hoop aan in sy dienstydperk. Johann Simon het met die tweede vaart vanaf Texel, Nederland uitgekom en in die Kaap aanwal gestap. De Vrouwe Geertruida is gebruik om onder andere porseleinware vanaf Indië en China na Nederland te neem.

Schwalenberg lê in die distrik Kreis, Lippe, in die staat Nordrhein-Westfalen, Duitsland. Schwalenberg is ‘n klein dorpie geleë in die voormalige koningkryk van Lippe, ongeveer 160 km Suidwes van Hannover. Die dorpie was nie in die 2de Wêreld Oorlog gebomdardeer nie en baie van die geboue is reeds ouer as 300 jaar. Schwalenberg is op ‘n heuweltjie geleë en kyk uit oor die omringende vlaktes, hoër op is ‘n kasteel geleë wat omskep is in ‘n hotel. Die dorpswapen bestaan uit 'n skild, wat rooi van kleur is, met 'n swael wat 'n ster vashou daarbinne.

Na sy aankoms in die Kaap was hy eers aangewend as soldaat en in 1763 is hy as wamaker opgelei en aangewend. Hy doen aansoek vir sy Burgher papiere (Leibbrandt HCV "Requesten") . Dit word toegestaan en in 1768 se Monsterrolle van vryburghers (VC 54) word aangetoon dat hy nog ongetroud is en in die Kaap woon, waarskynlik Tafelvallei of die direkte omgewing. Johann Simon POTHARST trou op 26 April 1772 met Maria Niemand (Niemann) * 1744, Kaapstad, = 22/11/1744 (DV Diederik Niemand en Elisabeth van de Kaap. Hulle was nooit getroud nie volgens Diederik se twee testamente) in Drakensteijn/Paarl. Die monsterrolle van 1774 (VC 55) toon egter aan dat hulle in die Kaapstad en direkte omgewing woon op die stadium. Die distrik Swartland het onder die monsterrolle as deel van Kaapstad geval.

In die opgaafrolle van Swellendam vir 1805 en 1806 word slegs Johann Simon vermeld en nie sy vrou nie. Volgens beide opgaafrolle het hy slegs ‘n perd en ‘n paar persoonlike besittings gehad. Sy besittings was waarskynlik toe reeds aan sy kinders oorgegee aangesien hy op die stadium reeds ‘n man van oor die 70 jaar was.

Dat hy later moontlik in die Graaf-Reinet omgewing gebly het is duidelik uit die huweliks bevestings van twee van sy kinders.

EERSTE GESLAG

Uit die huwelik word vyf kinders gebore, waarvan die eerste drie se van in die doopregister van Swartland as POTHARST aangeteken is:

Uit die huwelik word vyf kinders gebore, waarvan die eerste drie se van in die doopregister van Swartland as POTHARST aangeteken is:

1. Johannes Frederik POTAS *14/06/1773, Swartland, Wes Kaap, = 05/07/1773, Swartland, Wes Kaap.
2. Elizabeth Johanna POTAS * 02/09/1774, Swartland, Wes Kaap, = 11/09/1774, Swartland, Wes Kaap.
3. Kornelia POTAS In die Pretorius register word sy vermeld as Cornelia. * 31/08/1776, Swartland, Wes Kaap, = 19/09/1776, Swartland. Sy word as lidmaat aanvaar in die NGK Swellendam nadat haar attestate oorgeplaas is, volgens hulle lidmaatregisters op 2 Oktober 1803. Sy tree in die huwelik op 04 Maart 1821 te Graaff-Reinet met Johannes Andries PRETORIUS * ongeveer 1792, = 03/08/1792 Stellenbosch, + 22/10/1870, Vaalkop. Hulle het geen kinders gehad nie.
4. Hendrik Filip Petrus POTAS * 17/03/1782, Swartland, Wes Kaap, = 08/08/1782, Swartland, Wes Kaap.
5. Maria Christina POTTAS * 16/02/1785, Swartland, Wes Kaap, = 03/04/1785, Swartland, Wes Kaap.
6. Johannes Hendrik POTAS * ongeveer 1788, = 11/10/1788, Grote Kerk, Kaapstad. Hy tree op 26 Desember 1808 te Graaff-Reinet in die huwelik met Anna Margaretha Van WYK (Wijk) * 11/08/1791, Uitenhage, = 30/10/1791, + 18/09/1853, Ezelsvalley, Middelburg, Oos Kaap (DV Roelof van WYK * 04/1767 en Anna Catharina KUUN * 1771). In die opgaafrol vir Veldkornetskap Zwarte Ruggens vir 1819 word Johannes Hendrik vermeld as Johan Hendrik Potasch tesame met sy vrou Margaretha van Wyk. Volgens die opgaafrol het hulle drie seuns en twee dogters, 1 manlike Hottentot ouer as 16 jaar, 10 osse, 25 aanteelbeeste, 203 skape, 102 bokke en 'n wa. Hy sterf na 17 Februarie 1844, want op die dag het hy en sy vrou hulle gesamentlike testament opgestel in die Colesberg distrik. Hulle het 9 kinders, 5 seuns en 4 dogters.

TWEEDE GESLAG

1. Anna Catharina POTAS * 19/01/1811, = 28/04/1811, Graaff-Reinet, + 14/02/1886, Prospect, Woodhouse, Kaap, X 27/07/1828, Graaff-Reinet, Johannes Christoffel SWANEPOEL, XX 24/02/1839, Graaff-Reinet, Roelof Jacobus van den BERG.
2. Maria Johanna POTAS * 23/03/1814, Graaff-Reinet, = 26/12/1814, Graaff-Reinet, + 09/06/1839, Ezelhoek, Rhenosterberg, Colesberg, X 13/04/1834, Uitenhage, Jacobus van JAARSVELD. Sy was ook bekend as POTASS.
3. Roelof Johannes Hendrik POTAS * 09/01/1816, Zwarthoorns, Kaap, = 13/10/1816, Graaff-Reinet, + 18/10/1875, Welgeluk, Boshof, X 25/12/1836 Magdalena MIENIE. In die opgaafrol vir Veldkornetskap Zwarte Ruggens vir 1836 word hy vermeld as Johannes Hendrik Potas, Johanzoon. Volgens die opgaafrol is hy nog nie getroud nie en besit hy die volgende 1 manlike Hottentot ouer as sestien jaar, 1 perd, 10 aanteel beeste en 50 skape. Aangesien hy in Desember 1836 getroud is, moes die opgaafrol voor die datum opgeneem gewees het.
4. Johannes Hendrik Petrus POTAS * 26/01/1818, = 27/03/1818 Uitenhage, + 20/06/1899, Grootvlei, Rouxville, X 10/05/1841, Graaff-Reinet, Elsie Maria Sophia SWANEPOEL. Hy was ook bekend as POTASCH.
5. Adrian Petrus Jacobus POTAS * 15/03/1820, = 23/04/1820, Uitenhage, + 26/08/1901, Konsentrasiekamp, Bloemfontein as gevangene Z100, X (datum onbekend), Anna Maria Elizabeth Swanepoel. Hy was ook bekend as POTTAS asook sy hele nageslag.
6. Cornelia Hendrina Catharina POTAS * 03/1823, Graaff-Reinet, = onbekend, + 01/03/1874, Ventershoek, Middelburg, Kaap, X 05/01/1840, Cradock, Alewyn Petrus VORSTER.
7. Hendrik Frederik Francois POTAS * 28/05/1826, = 26/11/1826, Uitenhage, + 13/02/1873, Klipdrift, Kafferrivier, Bloemfontein, X ongeveer 1847 Johanna Jacoba SWANEPOEL, XX ongeveer 1854, Christina Susanna du PLESSIS. Sy nageslag is vandag nog POTAS.
8. Zachari Geertruida POTAS, sy word as Zacharia Gertruida in die Henning register vermeld. * 13/04/1829, = 10/05/1829, sterfdatum onbekend, X datum onbekend, Johannes Gerhardus HENNING.
9. Frederik Jacobus POTAS *27/10/1831, Uitenhage, = 27/11/1831, Uitenhage, + 23/08/1906, Platelea, Aliwal-Noord, X 26/09/1859, Aliwal-Noord, Judith Susara SWANEPOEL.

Daar het aanvanklik verskeie spelvorme voorgekom onder die derde en vierde geslag van die van. Tans kom daar slegs die volgende spelvorme voor: POTTAS, POTAS en POTHAS.

Navorsing:
Jean Blanckenberg
Johan J Pottas pottasj.rd@mail.uovs.ac.za
Alet Swanepoel
Janet Melville

Bronne:
Kaapse Argief – Sterfkennisse, Monsterrolle, Boedelinventarisse, Doopregisters, Opgaafrolle
Vrystaatse Argief – Sterfkennisse
VOC Webtuiste vir die inligting oor De Vrouwe Geertruida
Dutch-Asiatic Shipping Vol 1
Deutsche Namenkunde: Max Gottschald : 1954

 

  • Hits: 12823

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy