Skip to main content

logo new

Surnames N to Q

POHL Carl Friedrich

Carl Friedrich (Carel Frederik) POHL, gebore ongeveer 1767, se vader, Ephraim POHL (1735-1815) getroud met Sophie Judith DOPECKE (oorl. 1806) asook sy oupa, Bonaventura POHL (1700-1757) getroud in 1728 met Barbara RINDFLEISCH (1701-1785), was handelaars en wewermeesters van die stad, Schivelbein in Pommere, Pruise. (Tans Swidwin in Poland). Carl Friedrich was afkomstig van Preuszen in Wesfale (Duitsland). Hy was ‘n matroos en volgens oorlewering het hy op see siek geword en moes in 1793 aan die Kaap aansterk, maar het aangebly, en het op 9 Junie 1799 in die huwelik getree met Hester Isabella MARX. Die POHL stamouers se eerste kinders is gebore in die distrik Swellendam. Soos die gesin die binneland ingetrek het, is nog kinders gebore op die plase "Klein Berge" by die Gourits rivier, en "Zandkraal" waar die dorp George tans geleë is. Die familie het klaarblyklik ook in die Uitenhage distrik gewoon, aangesien van hulle jongste kinders daar gedoop is. Carl Friedrich is op 13.5.1844 oorlede op die plaas “Carels Rust” in die Oos-Kaap distrik Albanie.

KINDERS:
b1 Carel Frederik (1802-1870), wie in 1825 met Christiana Johanna FERREIRA (1806-1869) getroud is, het in daardie jare vir hom 'n plaas naby Grahamstad aan die Algoabaai roete aangeskaf. Die plaas is later vernoem tot "Carels Rust" want dit is daar waar sy ouers Carl en Hester hul laaste rusplek gevind het. Dit is ook van hierdie bekende plaas af dat die Pohl nasate uitgewyk het om hulle mettertyd wyd en suid in die Suidelike Afrika te vestig.
b2 Martha Petronelia (1808)
b3 Johan Theodorus (1809-1882)
b4 Hester Sophia (1811)
b5 Dorothea Charlotta (1814)
b6 Frans Petrus (1816)
b7 Carel Emanuel (1817-1886)
b8 Frederik Wilhelm (1819)
b9 Hendrika Isabella Johanna (1822)


Verwysings:
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
J.H Redelinghuys: Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA (1955)
Frederick Pohl : FREEK se Suid Afrikaanse POHL Familie Tuisblad

Saamgestel deur:

Pieter Conradie pietc@iafrica.com

  • Hits: 11023

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy