Skip to main content

logo new

Surnames H to J

HOFMEIJER Johann Heinrich

Johann Heinrich HOFMEIJER Hy was gedoop op 17 Maart 1721 en gedoop 15 April 1721 te Ibbenbüren in Wesfalen. Hy het by die Kaap aangekom op die skip De Standvastigheid op 17 Maart 1744.

In 1751 verskyn sy naam as die onderbaas van Wagerijders by die buitepos De Schuer (vandag se Groote Schuur-landgoed). In 1756 word hy bevorder tot baas of poshouer van die die Schuer.

Hy trou 4 September 1757 met HELSDINGEN Magdalena Elisabeth VAN HELSDINGEN. Hy trou die tweede keer 17 Februarie 1765 met Anna SPIEGELBERG. Hy trou die derde maal 2 Februarie 1772 met Maria Wilhemina SMUTS.

KINDERS uit eerste huwelike
Jan Hendrik gebore 1759
Stephanus JOhannes gebore 1760
Elisabeth Magdalena gebore 1762
Jan Antony gebore 1763

Jan Hendrik Hofmeyer is oorlede 4 Julie 1805 op 84 jarige leeftyd.

KINDERS uit tweede huwelik
Hermanus gebore 1768
Hendrik August gebore 1771

Bronne:
G Hofmeyr en D Sleigh "J.H. Hofmeijer, Stamvader van die Hofmeyrs" Familia XXV No 4 1988

Saamgestel deur:
AM van Rensburg


  • Hits: 9672

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy