Skip to main content

logo new

Surnames K to M

MATTHEE Abraham

Abraham MATTHÉ van Tramelan in Nederland, afkomstig, het in 1743 in diens van die H.O.I.K. in Suid-Afrika aangekom. (Volgens Rhyno Matthee is Tramelan gelee in die Noordweste van Switzerland, hierdie is 'n Franssprekende gebied). In 1750 het hy burger te Stellenbosch geword, waar by in 1751 met Johanna MATTHYSSEN, die dogter van Philip MATTHYSSEN en Anna MARTYN, in die huwelik getree het (SAG Vol V gee beide Philip en Anna van onbekende afkoms. Volgens Hoge p 484 was Anna gedoop in Stellenbosch as 'n bejaarde dogter die 11 Junie 1747). Daar is vyf kinders uit die huwelik gebore:
(1) Johannes Petrus (1752), getroud met Dorothea GUILLAUME; 1 dogter.
(2) Joachim (1753), burger te Swellendam en getroud met Christina Johanna STEYN; 11 kinders.
(3) Abraham (1754), burger te Stellenbosch en getroud 30.9.1787 met Sara Johanna SWART; 5 kinders.
(4) Elias (1756), burger te Stellenbosch en getroud 29.10.1780 met Elisabeth Maria BESTER; 13 kinders.
(5) Michiel (1758), burger te Stellenbosch en getroud 13.4.1783 met Sara Anna BESTER; 12 kinders.
Abraham MATTHÉ is op 21 November 1768 oorlede.

Bronne:
“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com
AM van Rensburg

Navorsing:




 

  • Hits: 10838

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy