Skip to main content

logo new

Surnames K to M

MARE Ignace

Ignace MARE, Franse Hugenoot, het as wewenaar van Calabria aangekom in die Kaap in 1706. In 1707 kry hy toestemming van die Goewerneur van der Stel om hom in Drakenstein te vestig. Hy trou op 7 Feb 1706 met Susanna van VUUREN, sy was ook bekend as Susanna Janse van Vuuren. Haar ouers het gesterwe toe sy nog jonnk was. Ons vermoed dat Susanna en haar broers en susters deur hulle ouma Susanna Jacobs groot gemaak was:

Hy het heel moontlik in Italiƫ gewoon, omdat hy se een dogter Magdalena Fenesie genoem het. Hy het die volgende leeningplase gehad De groene Kloof, Langefontein, Elsjeskraal "aan de Tygerberg". Hy word die eienaar van Elsjieskraal op 14 Oktober 1714. Hierdie plaas verkoop hy aan Theunis van Aardt in 1733. Ignace koop toe St. Omar in Daljosafat in 1723 van boedel van Armand Veron.

KINDERS
1. Catharina x 29 October 1713 Gerrit van Vuuren
2. Johannes ~ 24 Sep 1708 + Drakenstein 1761 x Sara Delport
3. Anna Elizabeth ~ 4 Jan 1711 x 21 Des 1727 Pieter Delport
4. Susanna ~ 8 Okt 1713 x 13 Jun 1713 Jacob Delport
5. Lucas Marthinus ~ 12 Jul 1716, burger Drakenstein, x 17 Sep 1741 Maria Jordaan
6. Francina ~ 27 Nov 1718 x Pieter du Plessis
7. Maria ~ 5 Jul 1721 x Nicolaas van Rensburg
8. Paulus Ignatius ~ 27 Aug 1724
9. Magdalena Fenesie ~ 15 Sep 1726 x Pieter de Wet
10. Ignatius ~ 14 Aug 1729, burger Drakenstein, x Margaretha Roux xx 16 Jul 1775 Claudina du Toit xxx 19 Feb 1786 Anna Dorothea Pretorius, weduwee van David du Buisson

Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek
Danie Viljoen se webblad: http://users.iafrica.com/d/da/danievil/kwartierstaat.htm

Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz
AM van Rensburg

  • Hits: 13626

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy