Skip to main content

logo new

Surnames K to M

LOCHNER Johann Georg

LOCHNER Johann Georg Johann Georg LOCHNER

Johann Georg LOCHNER (LOCKNER, LECHNER), gebore te Grünstadt, Mannheim in ongeveer 1740, se aankoms aan die Kaap was op 12.8.1765 as soldaat op die 'Noord Nieuwland'. Wadrywer vir die V.O.C., vryburger op 18.1.1771, hervat ou beroep as kleremaker. Ontvang die leenplaas 'Zandbergh' aan die 'Cabiese fontijn' 24.7.1784. Erf sy vrou se plaas 'Vergenoegd' aan die Eersterivier, Stellenbosch 5.2.1788. In 1788 ‘n welgestelde man en besitter van 33 slawe. Vaandrig in die burgerwag, versoek grond oos van Rondebosch aan die Swartrivier 5.1.1790, ontvang dit 20.11.1790. Luitenant in die burgerwag, insolvent, versoek grond aan die Dieprivier 9.1.1794. Versoek grond teenaan sy plaas 'Diepe Rivier' 27.2.1795. Ontvang grond aan die Dieprivier 19.10.1804, oorlede Kaapstad 13.4.1805 (65 jaar) en het die plaas ,,Diep Rivier”, in die nabyheid van Wynberg, vir sy familie agtergelaat. Hy is getroud Kaapstad 12.7.1767 met Johanna Geertruyda VERBEEK, sy is gedoop Stellenbosch 9.9.1736, oorlede 1.1.1788, dogter van Johannes VERBEEK en Geertruyda LOOS, weduwee van Johann Heinrich BAUMEISTER; Johann Georg hertrou te Kaapstad op 20.7.1788 met Jannetje MOSTERT, gedoop Kaapstad 16.1.1752, dogter van Johannes MOSTERT en Neeltje VAN OS, weduwee van David Benjamin D'AILLY. Johann was die vader van (ouer bronne meld 14) 10 kinders.

KINDERS:
b1 Geertruyda Catharina gedoop Kaapstad 3.1.1768
b2 Martha Bartholda gedoop Kaapstad 19.2.1769
b3 Tobias Christiaan gedoop Kaapstad 20.5.1770 b4 Hermanus Coenraad gedoop Kaapstad 1.12.1771
b5 Christina Johanna gedoop Kaapstad 8.8.1773, oorlede Klein Drakenstein 1857 getroud Lutherse Kerk, Kaapstad 1.8.1790 Wilhelmus KOLVER gebore te Rotterdam 1769 aankoms aan Kaap 1780 oorlede Kaapstad ongeveer 1800 seun van Andreas Lutgerus KOLVER en Antonia Adriana HEZELER
b6 Georg Philip gedoop Kaapstad 5.2.1775 oorlede Malmesbury 18.7.1856 getroud Kaapstad 29.1.1797 met Hendrina Jacoba HERBST gedoop Kaapstad 8.8.1779 oorlede Augustus of September 1808 dogter van Johann Heinrich HERBST en Anna Elisabeth VAN DER SCHOLDE, hy hertrou weer op Stellenbosch 16.4.1809 met Margaretha Elisabeth VAN DER WESTHUIZEN gebore 28.7.1773 gedoop Swartland 29.8.1773 oorlede ongeveer 1811 dogter van Pieter van der WESTHUIZEN en Johanna Maria WALTERS, weduwee van Johannes DE WAAL. George hertrou 'n 3de keer ongeveer 1811 met Judith Elisabeth DE WAAL gedoop Kaapstad 18.5.1788 dogter vanHendrik DE WAAL en Johanna Barbara DE JONGH
b7 Johannes Leonardus gedoop Kaapstad 21.7.1776 oorlede Darling 14.1.1859 getroud Kaapstad 3.5.1807 met Anna Jacoba Elisabeth KOTZE gebore 21.8.1789 gedoop Swartland 1.11.1789 dogter van Johannes Christiaan KOTZE en Sara VISSER
b8 Johan Frederik Adam gedoop Kaapstad 21.7.1776
b9 Regina Christina gedoop Kaapstad 28.5.1789 oorlede 22.8.1877 getroud Kaapstad 24.1.1808 met Jacob VAN REENEN gedoop Kaapstad 16.9.1787 oorlede in sy slaghuis, Mowbray 31.7.1873 seun van Jan Frederik VAN REENEN en Yda Johanna SITVAST
b10 Johanna Cornelia gedoop Kaapstad 12.6.1791 oorlede Kuilsrivier 11.3.1869 (77 jaar) getroud Kaapstad 24.1.1808 Dirk DE JONGH gedoop Kaapstad 11.1.1784 oorlede Stellenbosch 17.9.1857 seun van Johannes DEJONGH en Christina Wilhelmina HOEBERT


VERWYSINGS:
J.H Redelinghuys: Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA (1955)
C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)
Suid-Afrikaanse Geslagregisters 5, Deel L–M (GISA)
Omvattende Lochner-geslagregister op Web is beskikbaar by:
http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/familie/register.html

Saamgestel deur:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com





 

  • Hits: 11110

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy