Skip to main content

logo new

Surnames K to M

LANGENHOVEN Pierre Guillaume

Pierre Guillaume Langenhoven (Piet Fransman) was gebore c 1755 en hy sterwe 10 Junie 1824. Hy het van Duinkerken in Frankryk gekom. Hy land by die Kaap as "n 19 jarige soldaat in 1774 aan boord die skip "tHuys Om. Hy trou in Kaapstad 16 September 1792 met Johanna Catharina Lotz. Sy was gedoop 14 Augustus 1772 die dogter van Johan Willem Lotz en elizabeth Maria Ras, en sterwe 8 Julie 1850.

Pierre verlaat die diens van die VOC op 19 Oktober 1791. Hy werk vir 20 jaar as kloofmaker terwyl hulle in die Colonies huys woon naby Sir Lowry"s pas.

KINDERS

b1 Wilhelm Pieter gedoop 25 Aug 1793, jonk dood
b2 Petronella Hendrika Francina gedoop 23 Nov 1794, X 12 Jun 1825 Pieter Frederik Sterrenberg
b3 Carel Johannes gedoop 6 Mei 1798, jonk oorlede
b4 Guillaume Jacobus Franciscus Johannes gedoop 8 Feb 1801, X 20 Feb 1825 Catharina Johanna Schultz
b5 Eliza Marthinus gedoop 25 Nov 1802, X 3 Mei 1834 Christina Maria Jacoba Fabricius
b6 Wilhelmina Susanna Sophia, X 3 Jul 1825 Cornelis Pieter van Niekerk
b7 Cato Carolina Johanna gebore 26 Jan 1809, gedoop 20 Apr 1809
b8 Philip Hendrik Morkel gebore 19 Jan 1812, gedoop 19 Jul 1812, X 7 Jul 1833 Margaretha Maria van Koppen

Bronne:
JH Langenhoven, Die Familie Langenhoven: "n Geslagregister (Mei 1982)

Bydrae:
Simon du Plooy was so gaaf om die geslagregister wat JH Langenhoven vir hom te gegee het beskikbaar te maak.

  • Hits: 10194

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy