Skip to main content

logo new

Surnames K to M

KRITZINGER Johann Jacob

Johann Jacob KRITZINGER, ook van Besigheim, het her in 1769 as soldaat aangekom. In 1776 het hy burger geword en hom as boer langs die Piesangrivier, naby Plettenbergbaai gevestig. Sy plaas het aan die van Cornelis Botha gegrens. Toe landdros Woeke deur amptenare van die H.O.I.K. gestuur is om ‘n buitepos vir die versameling van timmerhout op te rig, het hy besluit om ‘n deel van die land waarop Kritzinger geboer het, ook te neem. Per slot van rekening het Kritzinger sestig morge weiveld in plek daarvan ontvang. Sy huwelik met Anna Elisabeth STRYDOM het op 10 Julie 1776 plaasgevind. Tien jaar later, op 16 Julie 1786, is hy vir die tweede keer getroud met Hester FERREIRA, die weduwee van Andries du Preez. Kritzinger, wat sy van ook as Kretzinger geteken het, was die vader van vyf kinders:
(1) Pieter Hendrik (1778), burger te Swellendam en getroud 4.12.1803 met Anna Margaretha VAN DER WAT; 12 kinders.
(2) Matthijs (1780), burger te Swellendam en getroud 3.7.1803 met Catharina Maria KEMP; 4 kinders.
(3) Johan Jacob (1782), getroud met Cornelia Elisabeth WESSELS; 5 kinders.
(4) Anna Elisabeth (1786), getroud met Hendrik VAN DER WAT.
(5) Thomas Ignatius (1788).

Bronne:“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

Bydrae:
Pieter Conradie pietc@iafrica.com

Navorsing:






 

  • Hits: 10163

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy