Skip to main content

logo new

Surnames K to M

LUTZ Johann Heinrich

Johann Heinrich Lutz is die Switserse stamvader van die Lutz-familie in Suid-Afrika.

1. Herkoms

Lutz is op 3 Januarie 1812 in Rheineck, Switserland, gebore en het op 16 Mei 1841 as Rynse sendeling in Kaapstad, op pad na Amandelboom (Williston), aangekom. Op 27 Mei 1875 is hy terug na Barmen, waar die hoofkantoor van die Rynse Sendinggenootskap was.

2. Genealogiese opsomming

Op 28 Desember 1846 het hy in Kaapstad met Johanna Carolina Seringhaus getrou. Ná haar dood, met die geboorte van Johann Jacob Lutz (oom Japie Lutz van die Noordweste) trou hy op 27 Februarie 1862 met Anna Barbara Kühn, ook in Kaapstad.

Ná sy aftrede keer hy op 27 Mei 1875 terug na Barmen en is oorlede op 17 September 1887 te Schutzenstraat, Haus Akasie, Herisau, Switserland.

Johann se ouers was Hans (Johann) Jakob Lutz (1773) en Barbara Hauser (1780)

Johann se kinders:

  • Carolina Lutz (1847),
  • Sophia Lydia Lutz (1849),
  • Tobias Lutz (1850),
  • Wilhelmina Emma Lutz (1851),
  • Johann Heinrich Lutz (1852),
  • Felix Lutz (1854),
  • Anna Elize Henrietta Augusta Lutz (1855),
  • Johanna Maria Lutz (1858),
  • Johann Jakob Lutz (1859),
  • Gottfried Lutz (1863),
  • Samuel Lutz (1870)

3. Bronne

  • Die Groot Afrikaanse familienaamboek - Cornelis Pama

Johann Heinrich Lutz van Thal in Switserland - sy sendingloopbaan in Suid-Afrika en Duitsland, deur Senobia Lutz (nee Dercksen), private publikasie, verkrygbaar vanaf skrywer: Posbus 7315, Stellenbosch, 7599

lutz4 colorized

  • Hits: 3859

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy