Skip to main content

logo new

Surnames D to G

FAIHST Carel Michael Felix

Carel Michael Felix FAIHST * ± 1870 † In die veld 1903. Hy is in die veld doodgeskiet en net daar begrawe. Die familie weet nie waar hy begrawe is nie. Hy het gedurende die boere oorlog vir Engeland geveg .
Hy het 'n silwer medalje en twee " Battle Clasps" gekry vir sy diens in die oorlog.
Hy was 'n TPR, "Trooper" in Denn. Sots. 10 Sep 1900-13 Feb 1901(sy Reg. nommer was 13)en Cullinan's Horse (Reg. Nommer 21) 04 Mar 1901-22 Feb 1902.
Hy was ook met die ASC (British Royal Army Service Corps) ingeskryf as C. Foist. Hulle was vir verskaffing van vervoer en voorraad verantwoordelik.

Carel is getroud  ±1894 met Catharina Margaretha ENGELBRECHT * KP. 1870 † Haar woning Zeerust. Dist Groot Marico 28 Jun 1949. Kind (1)
Sy was voorheen getroud met Eduard Jacobus Georg BRITZ † 1891. Sy het weer na Carel Faihst xxx Vryburg KP. Johannes Cornelius COETZEE. Sy het 3 x kinders gehad uit haar eerste huwelik met Eduard Britz. (1) Anna Margaretha Elizabeth BRITZ x SWARTZ (2) Louis Catharina BRITZ x Pieter SWARTS (3) Eduard Jacobus George BRITZ

b1. Charles Michael Felix FAIHST (a1/x)* ±1895 † Na 1976. Hy het op die spoorweg gewerk. Wanneer hy weg van die huis gewerk het, het sy kinders wat op skool was by sy oudste dogter Elizabeth gewoon gedurende die skool kwartaal. x ± 1920 Elizabeth Magritha Gertruida MARTIN *Mafeking. Noord Wes Provinsie. 20 Okt 1897 † Potchefstroom hospitaal 12 Dec 1975. (dv. Gert Johannes MARTIN & Elizabeth Magrieta LUDICK) Kinders (7) c1-c7

Daar is gesê dat Carel Michael Feix Faihst van Duitsland gekom het. Daar spel hulle gewoonlik die van FAIST of FAISST of FEIST. Die FAIHST in Duitsland kom van Baiersbronn, Baden-Württemberg, Duitsland. 'n Familie John & Christina Faihst van Württtemberg, Duitsland het na 1881 na Amerika geimmigreer. Daar is 'n vakansie huis Faihst in Kürten, Duitsland, met die naaste stasie Bergisch Gladbach, Duitsland. Geen boot wat direk van Duitsland na Suid Afrika gekom het kon dusver opgespoor word nie.
Karl & Paul Faihst is op Duitsland se ongevalle lys van WW1 1914-1917. Paul was in die Vloot gewees. Max & Siyraun Faihst het ook vir Duitsland geveg 1914-1918. Daar is ook 'n Karl Faihst gebore omtrent 1903 wat van Hamburg na Halifax, Nova Scotia geimmigreer het en 29 Nov1929 daar geland het.

Nagevors en saamgestel deur:

LEE McGOVERN
27 Jan 2014

  • Hits: 9613

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy