Skip to main content

logo new

Surnames A to C

BUYS Barend

Barend BUYS van Brunswyk, Duitsland kom aan by die Kaap in 9 Januarie 1715, op die skip Risdam as 'n soldaat.

Hy werk eers as stalkneg vir die Kompanie. Op 26 November 1718 onderteken hy 'n kontrak met Jacobus van den Heijden om hom as "n kneg te dien.

Hy trou in Kaapstad, 12 Oktober 1721 met die vyftienjarige Alida van den BERG, (sy sterf 11 Sep 1762) haar ouers was Jacobus van den Berg en Jacomina Carteniers.

Op 3 Februarie 1722 kry hy die leningplaas Witteklip noord van Saldanhabaai. Hy koop die plaas Blomkool op 8 Oktober 1722 van Andries Krugel. Hy verkoop die plaas 2 Julie 1725 aan Jacob Coetzer.

In 1724 het sy slaaf Andries van Ceylon brandewyn uit die kelder gesteel. Die khoikhoi Pieter het hom verklik. Buys het toe vir Andries vasgebind en aan die balke opgehys en met 'n rottang geslaan. Nadat Andries losgemaak was het hy Pieter met 'n mes doodgesteek. Andries het toe gevlug, en later teruggekom en die kelder van Buys afgebrand. Hy was gevonnis, sy hand was afgekap en hulle het hom toe gewurg totdat hy bewusteloos was. Daarna was Andries se liggaam voor die vuur geplaas en later het hulle die oorskot op 'n wiel geplaas om te vergaan.

Joachim Scholtz werk as 'n boukneg tussen 1 Augustus 1722 en 15 Februarie 1725 vir Buys. Barend Buys is ongeveer 1743 oorlede.

KINDERS:
b1 Lasya gedoop 19 Oktober 1722
b2 Bernardus gedoop 2 Oktober 1723
b3 Johanna Maria gedoop 23 September 1725
b4 Stephanus gedoop 13 Julie 1727
b5 Aletta gedoop 16 Oktober 1729
b7 Elsie gedoop 17 September 1734
b8 Catharina 6 Januarie 1737
b9 Elisabeth gedoop 1 Maart 1739
b10 Jan Nicolaas gedoop 5 November 1741

Verwysings:
JL Buys, "Die Stamvader Barend Buys", Familia, XXIX, 1992, no 2
Heese, Reg en Ongereg, p 74

Saamgestel deur:
AM van Rensburg


BUIJS Barent - uit Bronswijk, soldaat, 1714
Source: Nationaal Archief: VOC
Volume: 1.04.02 (VOC 1602-1811),
Inventarisnummer: 14671,
Folio: 116

Datum indiensttreding: 27-09-1714
Datum uit dienst: 31-01-1742
Functie bij indiensttreding: Soldaat
Reden uit dienst: Overleden
Uitgevaren met het schip: Risdam

Saamgestel deur:
Corney Keller

 

  • Hits: 12965

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy