Skip to main content

logo new

Surnames A to C

AHLERS Robert Karl Heinrich

AHLERS, Robert Karl Heinrich
gebore 18 Desember 1896, Hamburg, Duitsland;
gedoop 26 Desember 1896, Rothenburgsort, Hamburg, Duitsland;
oorlede 2 Augustus 1988, Johannesburg;
begrawe 5 Augustus 1988, Wespark, Randburg

Sy ouers was Heinrich Ernst Wilhelm AHLERS (1874-1963) en Helene Margaretha SCHLÜTER (1871-c.1962).

Robert Karl Heinrich Ahlers het in Desember 1913 as werker aan boord van die Noorweegse seilskip, Songelo, in Kaapstad arriveer. Hy het daarna in Woodstock, Kaapstad aangebly en as visserman op die skepe van Irvin & Johnson in Kaapstad gewerk. Ná die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in Julie 1914 is hy op 14 September 1914 saam met vele ander Duitse burgers in Kaapstad arresteer, op 17 September 1914 na Robert’s Heights (later Voortrekkerhoogte, nou Thaba Tshwane), Pretoria gestuur en vandaar per trein, saam met ‘n groot groep, op 25 Oktober 1914 na Fort Napier, Pietermaritzburg, waar al die weerbare manlike Duitse burgers vir die duur van die oorlog geïnterneer is. Robert was maar 17 toe hy geïnterneer is, en was 22 toe hy, nege maande ná afloop van die oorlog, op 11 Augustus 1919, ‘op parool’ na Pretoria vrygelaat is.

Robert trou op 28 Augustus 1925 in Pretoria met Sophie Marie Regine WURTH (1890-1978), die jong weduweedogter van die Hermannsburgse sendeling Heinrich Theodor WURTH (1850-1937) en sy vrou, Dorothea Johanne KUNZE (1855-1936).

Robert en Sophie AHLERS het vier kinders gehad:

b1 Heinrich Johann (20 Junie 1926, Pretoria – 17 April 2014, Pretoria)
x Pietrisa Robina VENTER (3 Feb 1930, Louis Trichardt – 4 November 2012, Pretoria)

b2 Irmgard Dorothea Margarethe (16 September 1928, Pretoria – 17 Oktober 2012, Johannesburg)
x Frank Albert Werner AAB (18 Oktober 1927, Johannesburg – 1 April 2012, Johannesburg)

b3 Theodor Robert Otto (10 Maart 1931, Pretoria – 6 November 2013, Johannesburg)
x Olga Alice SCHLOTFELDT (30 Oktober 1932, Johannesburg – 14 Junie 2013, Johannesburg)

b4 Horst Adolf (14 Maart 1934, Pretoria – 17 Junie 2004, Kingsburgh, KwaZulu-Natal)
x Yvonne Johanna Hendrina WALLIS (2 September 1936, Germiston – 19 Desember 2013, Amanzimtoti)

Nagevors en saamgestel deur:

Johann Ahlers, Pretoria
johann,ahlers@gmail.com

 

  • Hits: 10310

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy