Skip to main content

logo new

Kerke van die Kaap

SWELLENDAM gestig 1798

Die gemeente word eers 53 jaar na die proklamering van die distrik Swellendam en die aanlĂȘ van die drosdy en die dorp aan die voet van die Langeberge gestig. Dit geskied in 1798 in opdrag van lord Macartney, goewerneur tydens die eerste Engelse besetting van die Kaap. Die gemeente is in 1798 gestig en op die eerste kerkraadsvergadering wat op 23 Julie 1798 gehou is, is ds JH von Manger teenwoordig. Dit was 'n uitgestrekte gemeente wat hedendaagse gemeentes soos Caledon, Riversdal, Bredasdorp, Napier, Ladismith, Robertson, Montagu en Barrydale ingesluit het. Ds von Manger begin met 'n geldinsamelingsveldtog vir die oprigting van 'n kerkgebou. Daar word in 1801 begin met die oprigting van die gebou teen 'n koste van 41000 gulden en dit word in 1802 ingebruik geneem. Die eerste kerkgebou was in gebruik vanaf 1802 totdat dit in 1910 afgebreek is en vir 'n nuwe kerkgebou plek gemaak het. In die dienstydperk van ds AG du Toit (1906-1919) word die ou kerkgebou afgebreek en is die huidige kerkgebou in die Kaaps-Hollandse styl vir die bedrag van 9670 pond gebou. Hierdie inligting kom uit: Eeuwfeest-Album van der Nederduits-Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika 1824-1924. Deur Ds A Dreyer. Ander interresanthede in die boekie is 'n fotoDe Oude kerk Swellendam 1803.

  • Hits: 11680

Stamouers.com is part of the eGGSA.org web site
Material from this website may be used if the author and eggsa.org are acknowledged
Privacy policy