Paul
HEYNS was gebore in Leipzig in 1655. Hy was in die diens
van die Kompanie van 1679. Hy word 'n sersant in in 1693, en
later word hy 'n burger. Hy trou die 23 September 1696 met Maria
SCHALK. Sy was die buiteeglike kind van Willem Schalk van
der Merwe en 'n Kompanie slavin. Maria se moeder was 'n slavin
wat Simon van der Stel aan Willem Schalk van der Merwe geskenk
het en sy was in 1686 vrygestel (Attestasie 1664 in C 326 pp
478-9, p 6 en 27).
Hy
trou weer 'n tweede maal 27 Februarie 1701 met Maria LOZEE
VAN DE KAAP. Sy was die weduwee van Douwe Gerbrandt Steyn.
Maria was 'n vorige slavin.
KINDERS:
b1 Sara gebore 17 Des 1685, X Kaapstad 13 Jul Heinrich Oswald
Eksteen
b2 Johannes gebore 5 Jun 1688, gedoop 25 Julie 1688, X Maria
Colyn van de Kaap
b3 Anna gebore 17 Jul 1691, gedoop 23 September 1691, X 7 Feb
1712 Cornelia Doessen
b4 Hendrik gebore 5 September 1694, 26 Sep 1694, X 7 Feb 1723
Delia van der Storm
b5 Michiel Africanus gebore 26 Maart 1697, gedoop 7 April 1697,
X 22 Sep 1720 Aletta Olivier
b6 Maria gebore 24 Feb 1700
Verdere
inligting oor Maria Lozee (vna Lorna Newcombe):
Maria Lozee aan die Kaap gebore, was die slavin van Alexandrina
Maxwell (Sandrina) wat as getroude vrou met haar man Luitenant
Johannes Coon 12.7.1664 in die Kaap aangekom het op die skip
Walcheren (Joernaal). Alexandrina Maxwell se tweede troue was
op 29 Julie 1679 met Lodewijck Francois Bureau, jongman van
Brussels. Beide die huwelike was kinderloos. Lodewijck het bedrog
gepleeg en is gevonnis om verban te word, wat eers na Hendrik
van Reede se besoek in 1685 uitgevoer is. Daar is geen geen
aktes van vrystelling is nie.
Johannes
Coon het op 1 Mei 1665 'n Kaapse slavin genaamd Marie (geen
ouderdom) vir 70 Rds van die edele heer Zacharias Wagenaer,
kommandeur gekoop.
Maria Losee het dikwels as getuie by dope opgetree vir ouers
uit 'n bree Kaapse sosiale spektrum. Omdat Alexandrina Maxwell
geen kinders gehad het nie sou dit nie verbasend wees indien
sy haar slawekinders soos haar eie groot gemaak het nie. Dis
opvallend tot watter mate Maria deur haar samelewing aanvaar
is. Dit is onmoontlik om te bespiegel wie die vader van haar
seun Jacob was. Soms is na Alexandrina Maxwell verwys as Sandrina
Jacobs. Dalk hetMaria miskien haar kind vernoem na haar eienaar
se vader?
Bronne:
Hoge, Personalia of Germans at the Cape
Heese en Lombard
Genforum -Lorna Newcombe
Saamgestel
deur: AM van Rensburg