Johann
Heinrich HATTINGH was gebore c 1662. Hy het na die Kaap gekom
in 1693 na die afbranding en verwoesting van sy geboorte plek
Spier (Speyer), Duitsland in 1689. In die Kaap bly hy eers in
Olifantshoek op die plaas bekend as La Motte (Wemmershoek) van
1695 - 1709. In 1709 gaan woon hy in Stellenbosch op die plaas
Spier. Hy het ook die plaas Hadersleben in Stellenbosch gehad,
die plaas was gelee op die kruispaaie tussen die Kaap, die Kuile
en Drakenstein. Hy het ook die plaas Nietvoorby aan die Banghoekpad
besit.
Op
29 Desember 1708 volgens Tas se dagboek word Hattingh aangeval
deur 'n matroos Jan Sax, hy was beroof en het hulpeloos op die
grond gelê, dit was tussen Tijger Valleij en de Kijlen.
Hattingh se kneg Hans Jurgen Krayenbergh vind hom en met 'n wa
van Obits word hy na die Kaap geneem. Sax se suster was met Obits
getroud en hy was 22 jaar oud en in diens van Gerrit Basson.
Hy
sterwe in 1729.
Hy
trou 19 Januarie 1689 met Marie DE LANOY, sy was van Frankryk
en was die weduwee van Ary Lecrévent.
Hy
trou die tweede maal op Stellenbosch 6 November 1716 met 22
jarige Susanna VISSER, sy was die dogter van Maria
van Negapatnam (sy is nie noodwendig die dogter van Jan Coenraad
Visser nie). Die twee van hulle moes van 1709 al saamgelewe
het want op 27 Okt 1709 doop hulle, hulle eerste kind Marij.
(Susanna trou weer later 10 Februarie 1732 Wilhelm Rubeck)
KINDERS:
b1 Jacobus gedoop Drakenstein 3 Mei 1699, sterwe c 1795, X Tulbagh
19 April 1750 Anna Catharina Fouche
b2 Margaretha gedoop Stellenbosch 14 November 1700, sterwe 8 April
1779, X 11 April 1717 Johannes Groenewald
b3 Jacob gedoop Stellenbosch 1702, jonk oorlede
b4 Marij gedoop Kaapstad 27 Oktober 1709, dood na 1782, sy was
ongetroud
b5 Margriet gedoop Kaapstad 9 Augustus 1711, jonk oorlede
b6 Catrina gedoop Stellenbosch 24 April 1713, jonk oorlede
b7 Johannes gedoop Stellenbosch 27 Mei 1714, dood 8 April 1776,
ongetroud
b8 Christiaan gedoop Stellenbosch 5 Junie 1718, dood 25 September
1786, X Swartland 8 Oktober 1747 Anna Catharina Basson
b9 Johannes Hendrik gedoop Stellenbosch 28 April 1720
b10 Johannes Michiel gedoop 24 Mei 1722, jonk oorlede
b11 Johannes Michiel gedoop Stellenbosch 12 September 1723, X
27 Maart 1768 Catharina Horn
b12 Susanna gedoop Stellenbosch 17 March 1726, X 8 Augustus 1761
Wilhelm Esterhuyzen
b13 Catharina gedoop Stellenbosch 27 Maart 1728, X 9 Augustus
1751 Paulus Fouché
Verwysings:
W Hattingh, "Die Familie Hattingh in Suid-Afrika" Familia
XV, 1978, no 3
JG
le Roux en WG le Roux, Ons Drakensteinse Erfgrond: Franschoek
Lombard
en Heese
Saamgestel
deur:
AM
van Rensburg