Hendrik Oostwald EKSTEEN (Heinrich Oswald ECKSTEIN) Hy
was gebore 23 Februarie 1678 in Loebenstein, Thuringen in Duitsland.
Sy vader was Michael Eckstein. Heinrich het op die skip Oostersteyn
as adelbors in 1702 by die Kaap aangekom. Hy was 'n burger in
1704. Hy was ook 'n lid van die Burgerraad, die weeskamer. Hy
trou 13 Julie 1704 met Sara HEYNS, dogter van Paul Heyns
en Maria Schalk van der Merwe, Maria se moeder was 'n slavin.
Sy is in 1713 oorlede. Hy trou die tweede maal 21 Februarie
1714 met Everdina CRUYWAGEN dogter van Jan Myndertse
Cruywagen en Catharina van Maarsen. Sy is in 1718 oorlede. Hy
trou die derde maal met Alida van der HEYDEN dogter van
Pieter Jurgen van der Heyden en Aletta maria van AELWYK. Sy
is op 15 Desember 1784 oorlede.
Hy het 'n vissery besit naby Saldanahabaai. Hendrik was 'n ryk
man, wat die plase Lobenstein (Loewenstein) en Elsjeskraal
besit het.
KINDERS:
b1
Michiel gedoop 26 April 1705
b2 Paulus Marthinus gedoop 23 Oktober 1706
b3 Maria Rosina gedoop 17 Junie 1708
b4 Anna Solomea gedoop 25 Mei 1710
b5 Johannes Paulus gedoop 5 Junie 1712
Bogenoemde was almal uit die eerste huwelik, hulle kon dalk
almal gesterwe het in die pokke-epidemie van 1713.
Catharina Rosina gedoop 11 Augustus 1715, X 24 Augustus
1732 met Dominee Henricus Cock
b6 Jan Hendrik gedoop 27 Junie 1717
b7 Maria gedoop 26 November 1719, X 29 Januarie 1746 Jan
Raak
b8 Anna Salomea gedoop 23 Februarie 1699, X 1 Februarie
1739 Heuning Joachim Prehn
b9 Hendrik Oostwald gedoop 23 Augustus 1722, X 9 Augustus
1744 Martha Berthault de St Jean
b10 Johanna gedoop 1 Oktober 1724, X 19 Februarie 1741 Pieter
Loubser
b11Alida Susanna gedoop 28 Julie 1726, X 28 Junie 1744 met
Reyno Berthault de St Jean, XX 20 Mei 1764 Pieter Saermans
b12 Petrus Michiel gedoop 18 Januarie 1728, X 16 Maart 1749
Sophia Cloete
b13 Barbara Margaretha gedoop 6 November 1729
b14 Hendrina Helena gedoop 27 Mei 1731, X 20 Mei 1753 Hendrik
Oostwald Müller
b15 Johannes Paulus gedoop 17 Mei 1733
b16 Michiel Casparus gedoop 5 Junie 1735
b17 Paulus Henricus gedoop 7 Julie 1737, X 11 Desember 1757
Elsabe Gildenhuyzen
b18 Rosina Maria gedoop 9 Augustus 1739
Heese,
maak melding in Reg en Ongereg, p 12, Hendrik het
met die khoikhoi, Griet saamgeleef en sy het hom probeer
vergif (1758, 1759). Dit was omdat Hendrik met ander khoikhoi
vroue verhoudings gehad het. Sy seun het hom gewaarsku ivm
met die gif. Maar kort hierna het sy stiefseun Philip en
die slaaf Galant hom met 'n rysstamper op sy bed vermoor.
Heese beweer dat hierdie Hendrik heelmoontlik 'n buiteegtelike
kind van die stamvader was.
Die
stamvader is oorlede 23 September 1741 en was in die Groote
Kerk begrawe.
Sources:
JPG Eksteen "Die Oudste Generasies Eksteen" Familia
XIII, 1976 no 1
Heese en Lombard
Thanks
to research by:
Thanks
to submission by:
AM van Rensburg