Jan (Hans) Jacob CONTERMANN *1656 gebore in Hademar, Hesse-Nassau,
Duitsland. Hy arriveer in 1696 aan die Kaap. Hy trou 26 September
1700 met Anna Catharina CLEEF, sy was gedoop 12
Oktober 1686, en haar ouers was Nicolaus Cleef en Barbara le Febre.
Hy
waas 'n smit van 1700 - 1707. Hy het die plaas Vryburg
besit in Bottelary, asook 'n ander plaas in Jonkerhoek. Henning
Hüssing se kneg wat verdrink het, was uit Contermann se huis
begrawe. Die skipper Salm en fiskaal Schalen van die retoervloot
het in 1706 by Contermann tuis gegaan. In 1707 het Contermann
vir die skaapwagter Hartwig Hacob Alsleben met die vuis aangepak
omdat Alsleben nie hom respek gewys het deur sy hoed af te haal
nie, hy was toe aangekla die 14 April 1707 weens aanranding. Contermann
het ook gedien as lid van die Heemraad.
KINDERS
b1
Johanna *1701 X 14 Mei 1719 Andries Gous in 1719, XX Jan le Grange
b2 Babara gedoop 19 Maart 1702, X 29 Nov 1719 Michiel Otto
b3 Anna Maria gedoop 24 Feb 1704, X N Louw
b4 Johannes gedoop 23 Jun 1709
b5 Anna Katryn gedoop 12 Maart 1719 X Pieter Paulus Tamé van Den
Haag, XX 9 Apr 1747 Otto Wilhelm Rothenburg xxx Friedrich August
Reedel (Hy sterwe 23 Des 1782)
Hy
trou die tweede keer met Maria BEYERS 19 Mei 1720. Sy was
gedoop 19 Des 1683 en was die dogter van Andries Beyers en Catharina
van de Kaap. Maria is dus van slawe afkoms. Maria Beyers was twee
keer voorheen getroud; met Jan Harmensz Harting (Vir haar kyk
ook onder Harmse) en Jacob Vrey.
KIND
b6 Johannes Jacobus gedoop 7 Sep 1721, X 4 Aug 1743 Susanna Nel
Jan (Hans) Jacob
Contermann is in 11 Augustus 1734 in Stellenbosch oorlede
Bronne:
Heese en Lombard
GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
Saamgestel
deur:
AM van Rensburg