Bastiaan COLYN word 'n burger in 1691. Hy was ook bekend
as Bastiaan Jansz van 's Gravenzande (Schoeman, p 652). Die
moeder van sy kinders is Maria EVERTS, sy was die dogter
van Evert van Guinea en Anna van Guinea (kyk ook onder hulle
name).
'n
Ander vryswart vrou het 'n verklaring gemaak in 1689, dat
"Maria Everts met Bastiaan van s'Gravensan saam woon,
geëet en saam in die tuin gewerk het sonder dat dit aan
haar bekend is dat hulle 'saam op een kooi slaap alhoewel
hulle in 'n afdak woon waar maar net een kooi staan."
KINDERS
b1 Agnitie X 21 Aug 1707 Jan Jansz van der Heyden
b2 Johannes X 1 Mei 1718 Elsabe van Hoff, (dogter van Lambert
Lourens van Hoff en Margaretha Janse van de Kaap) weduwee
van JJ Kotze
b3 Johanna gedoop 9 Apr 1694
b4 Maria gedoop 27 Mei 1696, X 12 Des 1723 Johannes Heyns
b5 Evert gedoop 3 Okt 1700
Maria
koop in 1698 die 14 jarige slaaf Martha van Bengale vir 60
rds. In 1699 koop Maria die 18 jarige Coridon van Madagaskar,
en op Maria se versoek word die naam verander na Cupido.
Sy
ontvang 60 morgen te Kampsbaai.
Maria
Everts was ook die moeder van Jacobus Willems ten Damme en
Cornelis Everdina Kraak.
Die
engelsman Samuel Briercliffe gee die volgende beskrywing van
haar, "She is a tall woman, very black, having sparkling
eyes which, though frightful in her, yet would be very killing
in an English face, but she is a very good hostess, and provides
for us splendidly and neatly withal".
Maria
Everts is oorlede c 1724.
Bronne:
CG de Wet, Vryliede, p 176
Heese en Lombard
JL Hattingh "Beleid en Praktyk: Die Doop van Slawekinders
en die sluit van Gemengde Verhoudings aan die Kaap voor 1720"
Kronos vol 5, 1982
Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap: Die Wêreld van
'n slavin 1652-1733, p 652, 653, 654
Saamgestel
deur:
AM van Rensburg