|
|
Claas
Gerritsz VAN BENGALE (CLAASSEN)
|
Claas
Gerritsz VAN BENGALE: Sy nageslag het die van CLAASSEN
aangeneem. In sommige gepubliseerde bronne word 'n fout gemaak
om hierdie familie onder die verkeerde Claassen op te neem (Cornelis
Claesz van Utrecht, ook bekend as Kees de Boer). Claas Gerritsz
word deur sy eienaar, Jochum Marquart, op 23 Desember 1676 vrygestel.
In 1671 was hy reeds aan die Kaap.
Hy
word op 10 Februarie 1686 in Kaapstad groot gedoop. Op 13 Maart
1686 trou hy met Sara VAN SOLOOR. (Kyk ook
onder Sara van Soloor)
Op
29 Oktober 1673 doop Sara 'n voorkind, Henrijtte. Hierdie kind
het later die van Wittebol gebruik. Die vader van die kind was
die VOC landmeter Johan Wittebol, van Amsterdam (Hy was getroud
met Maria van Ruijven).
Sara
word groot gedoop 3 September 1679.
Sara
en Claas Gerritz het die volgende kinders (ouderdom van die
kinders word na sy dood in 1697 aangegee):
Hendriette (23)
Meijndert (16)
Gerrit Claas (11)
Hendrik
Claas (10). Hy trou met Maria Booijs.
Claas
Gerritsz is in 1697 oorlede. Sara hertrou in 1698 met Harmen
BUYS
Bron:
Willem Kempen se webblad http://www.kempen.id.au/main.htm
(Bevat inligting van Mansell Upham)
|