Andreas
BESTER was van Maagdeburg en het op 5 November 1712
met die skip, Beverwyk, aan die Kaap arriveer. Tussen 14 Maart
1714 en 14 Maart 1716 dien hy as boerekneg vir Matthys van
den Berg. Vanag 1 Februarie 1718 is hy 'n kneg vir Hendrik
Moller en in 1721 ontvang hy sy burgerskap. Hy trou op 13
Februarie 1724 met Anna BOK, dogter van Christiaan
Bok en die voormalige slavin, Anna Groothenning van Bengale.
Anna is op 1 Januarie 1713 saam met haar moeder gedoop.
Bester
koop in 1729 die plaas Hooggelegen wat uit 60,032 morgen
bestaan het , van Adriaan Greef. Andries en Anna kry op 6
Mei 1737 weiregte vir die plaas "aan die Diepe Rivier
in den Draaij". Andreas is op 30 Oktober 1752 oorlede.
Anna was tydens sy dood om en by 43 jaar oud en het met die
boerdery voortgegaan. In 1760 doen sy aansoek vir die leningplase
Modderfontein en Draaihoek, albei in die
Koeberge geleë.
KINDERS:
b1 Casparus, X 14 Maart 1756 Maria Elizabeth Swart wed van
Pietersen
b2 Andries gedoop 10 Feb 1726, oorlede 3 Feb 1767, X Adriana
Debets
b3 Christiaan gedoop 18 Apr 1728, X 30 Jun 1755 Maria Magdalena
Erasmus
b4 Paulus gedoop 30 Sep 1731, X 24 Okt 1761 Helena de Klerk
b5 Nicolaas gedoop 24 Apr 1735, X 4 Mei 1783 Aletta Dorothea
Gous, wed van Jeremias Visagie
b6 Jacobus gedoop 5 Mei 1737, X 4 Apr 1767 Maria Elizabeth
Heems (SAG meld verkeerdelik Heyns)
b7 Michiel gedoop 14 Aug 1740
In
1729-1732 word daar in dokumente vermeld dat die Kompanie
ingelig is dat Andreas hom oor Jochem Scholtz en 'n dogtertjie,
Maria Roos (wat die buite-egtelike kind van die vrou van Jochem
Scholtz was), ontferm het. Jochem Scholtz se vrou was indertyd
oorlede en aangesien Scholtz 'n kreupele en boonop arm was,
kon hy nie behoorlik na die kind omsien nie. Die onbaatsugtige
Bester het dus letterlik tot Scholtz en die dogtertjie (sy
grootmaakkind) se redding gekom.
Bronne:
Heese en Lombard
André Bester: "Stamboom van Cornelius Johannes
Bester 1874-1918", Familia, 1997, no 1.
André Bester: "Op die Spore van Andreas Bester",
Familia, 1998, no 3.
Saamgestel
deur:
AM van Rensburg